Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 18:6-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Toe gaan die manne uit, die veld in, teen Yisra’el en die geveg het plaasgevind in die woud van Efrayim.

7. Die manne van Yisra’el is daar voor die diensknegte van Dawid verslaan en die slagting was dié dag daar groot, twintig duisend man,

8. want die geveg is daar uitgesprei oor die hele platteland en die woud het daardie dag meer mense verteer as wat die swaard verteer het.

9. Avshalom het onverwags die diensknegte van Dawid ontmoet, want Avshalom het op sy muil gery en die muil het onder die digte takke van ’n groot eikeboom ingegaan en sy kop het in die eikeboom vasgehaak sodat hy tussen hemel en aarde bly hang het terwyl die muil, wat onder hom was, aanhou loop het.

10. Toe ’n sekere man dit sien, het hy Yo’av vertel en gesê: “Let op, ek het Avshalom in ’n eikeboom sien hang.”

11. Toe sê Yo’av vir die man wat hom vertel het: “Nou, let op, het jy gesíen!? Waarom het jy hom dan nie daar teen die grond neergeslaan nie? Ek sou vir jou tien silwerstukke en ’n gordel gegee het.”

12. Die man sê vir Yo’av: “Selfs al sou ek ook ’n duisend silwerstukke in my hand ontvang, sou ek nie my hand uitsteek teen die seun van die koning nie, want die koning het vir u, Avishai en Ittai voor ons ore beveel en gesê: ‘Beskerm die jongman, Avshalom, vir my!’

13. Anders, as ek vals teen sy lewe opgetree het en daar is niks verborge vir die koning nie, dan sou u self opsy gestaan het.”

14. Toe sê Yo’av: “Ek wil nie tyd hier by jou mors nie!” Hy vat drie spiese in sy hand en druk hulle deur die hart van Avshalom terwyl hy nog lewendig was in die eikeboom.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 18