Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 16:4-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Die koning sê toe vir Tziva: “Let op, alles wat aan M’fivoshet behoort, is joune.” Tziva het gesê: “Ek buig my neer! Mag ek guns vind in u oë, my meester die koning!”

5. Toe koning Dawid by Bagurim kom, let op, kom daar ’n man van die familie van die huis van Sha’ul, wie se naam Shim’i was, die seun van Gera; hy het uitgekom en aanhoudend gevloek soos hy uitkom.

6. Hy het klippe na Dawid en al die diensknegte van koning Dawid gegooi en al die mense en al die magtige manne was aan sy regter- en aan sy linkerkant.

7. Dit het Shim’i gesê terwyl hy gevloek het: “Gaan uit, gaan uit, jou bloedvergieter en jou deugniet!

8. יהוה het al die bloedvergieting van die huis van Sha’ul, in wie se plek jy geheers het, op jou laat terugkom en יהוה het die koninkryk in die hand van jou seun Avshalom gegee en let op, jy is vas in jou eie boosheid, want jy is ’n man van bloedvergieting.

9. Toe sê Avishai, die seun van Tz’ruyah, vir die koning: “Hoekom moet hierdie dooie hond my meester die koning vloek? Laat my nou oorstap en sy kop afsny!”

10. Die koning sê egter: “Wat het ek met julle te doen, seuns van Tz’ruyah? As hy vloek en as יהוה vir hom gesê het: ‘Vloek vir Dawid,’ wie mag dan vra: ‘Hoekom maak jy so?’”

11. Toe het Dawid aan Avishai en aan al sy diensknegte gesê: “Let op, my seun wat van my uitgegaan het, soek my lewe; hoeveel te meer nou hierdie Binyaminiet? Laat hom staan en laat hom vloek, want יהוה het hom beveel.

12. Miskien sal יהוה my ellende sien en goed aan my teruggee in plaas van sy vloek vandag.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 16