Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 12:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe stuur יהוה Natan na Dawid toe en hy het by hom gekom en gesê: “Daar was twee manne in ’n stad, die een was ryk en die ander arm.

2. Die ryk man het ’n groot menigte kleinvee en beeste gehad,

3. maar die arm man het niks gehad nie, behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop en versorg het en wat saam met hom en sy kinders groot geword het. Dit het van sy brood geëet en uit sy beker gedrink en aan sy bors gelê en dit was vir hom soos ’n dogter.

4. ’n Reisiger het by die ryk man gekom en hy was onwillig om van sy eie kleinvee of beeste te vat om vir die reisiger, wat by hom gekom het, iets voor te berei; hy het eerder die arm man se ooilam gevat en dit vir die man wat by hom gekom het voorberei.”

5. Toe het Dawid se woede ontvlam teen die man en hy het vir Natan gesê: “So waar as יהוה leef, die man wat dit gedoen het, verdien om te sterf!Eks 22:1 omdat hy hierdie ding gedoen het en geen omgee gehad het nie.”

6. Hy moet viervoudig restitusie doen vir die lam

7. Natan sê toe vir Dawid: “U is die man! So sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Dit is Ék wat jou as koning gesalf het oor Yisra’el en dit is Ék wat jou bevry het uit die hand van Sha’ul.

8. Ek het ook die huis van jou meester vir jou gegee en die vroue van jou meester onder jou sorg en Ek het die huis van Yisra’el en van Y’hudah vir jou gegee en as dit te min was, sou Ek baie meer dinge soos hierdie byvoeg.’

9. Waarom het jy die boodskap van יהוה verag deur te doen wat verkeerd is in Sy oë? Jy het Uriyah, die Hittiet, met die swaard neergeslaan, sy vrou het jy vir jou as vrou gevat en hom deur die swaard van die seuns van `Ammon vermoor.

10. Nou, daarom sal die swaard nooit van jou huis af weggaan nie, omrede jy My verag het en die vrou van Uriyah, die Hittiet, gevat het om jou vrou te wees.2 Sh’m 16:21,22

11. So sê יהוה: ‘Let op, Ek sal boosheid opwek teen jou vanuit jou eie huishouding; Ek sal selfs jou vroue voor jou oë vat en aan jou naaste gee en hy sal in helder daglig by jou vroue lê.

12. Jy het dit weliswaar in die geheim gedoen, maar Ek sal hierdie ding doen voor die hele Yisra’el en in die helder daglig.’”

13. Toe sê Dawid vir Natan: “Ek het gesondig teen יהוה!” Natan sê vir Dawid: “So het יהוה dan ook u sonde verwyder; u sal nie sterf nie,

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 12