Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 6:31-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. sodat hulle U respekvol kan vrees om voor U te lewe in U lewenswyse, solank hulle leef in die land wat U aan ons vaders gegee het.

32. Verder, wat die vreemdelinge betref wat nie deel van U volk Yisra’el is nie, maar uit ’n ver land kom ter wille van U groot Naam (Karakter en Outoriteit), U sterke hand en U uitgestrekte arm, as hulle kom en op daardie dag in U Teenwoordigheid in hierdie huis bid,

33. hoor dan vanuit U blyplek, vanuit die hemel en doen volgens alles wat die vreemdeling voor U bid sodat al die volke van die aarde U Naam (Karakter en Outoriteit) mag ken en U aanbid soos U volk Yisra’el en dat hulle mag weet dat hierdie huis wat ek gebou het, in U Naam (Karakter en Outoriteit) genoem word.

34. As U volk uitgaan in oorlog teen hulle vyande op die pad waarop U hulle sal stuur en hulle bid tot U in die rigting van hierdie land wat U aan hulle vaders gegee het, of na hierdie stad wat U gekies het, of na hierdie huis wat ek vir U Naam (Karakter en Outoriteit) gebou het,

35. hoor dan vanuit die hemel hulle gebed en hulle smeking en bepleit hulle saak.

36. As hulle teen U sondig, want daar is geen mens wat nie sondig nie en U is kwaad vir hulle en gee hulle oor aan hulle vyande en hulle vat hulle weg as gevangenes na ’n land, ver of naby

37. en as hulle tog terugdraai na U en in die land waarheen hulle weggevat is bid en sê: ‘Ons het gesondig, ons het U getart tot woede en boos opgetree’

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 6