Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 36:5-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Y’hoyakim was vyf en twintig jaar oud toe hy begin heers het en hy het elf jaar lank in Yerushalayim regeer en hy het dit gedoen wat verkeerd was in die oë van יהוה, sy God.

6. N’vukhadnetzar, koning van Bavel, het teen hom opgetrek en hom met kettings geboei om hom na Bavel te vat.

7. N’vukhadnetzar het ook van die voorwerpe van die huis van יהוה na Bavel gevat en dit in sy tempel in Bavel gesit.

8. Die res van die dade van Y’hoyakim en die verwerplikhede wat hy gedoen het, let op, dit is opgeskryf in die Boek van die konings van Yisra’el en Y’hudah en Y’hoyakhin, sy seun, het in sy plek geheers.2 Kon 24:8-15; 2 Kon 25:27-30; Yir 52:31-34

9. Y’hoyakhin was agttien jaar oud toe hy begin heers het en hy het drie maande en tien dae lank in Yerushalayim regeer en hy het dit gedoen wat verkeerd was in die oë van יהוה.

10. Aan die einde van die jaar het koning N’vukhadnetzar ’n mag teen hom gestuur en hom na Bavel laat bring, saam met die kosbare voorwerpe van die huis van יהוה en sy vader se broer, Tzidkiyahu, koning oor Y’hudah en Yerushalayim gemaak.2 Kon 24:17-25:7; Yir 52:1-11

11. Tzidkiyahu was een en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het elf jaar lank in Yerushalayim regeer.Yir 21:1-;Yir 24:8-; Yir 27

12. Hy het dit gedoen wat boos was in die oë van יהוה, sy God en hy het hom nie verneder voor Yirmeyahu, die profeet, wat geprofeteer het uit die mond van יהוה nie.Yeg 17:15-20

13. Hy het ook gerebelleer teen koning N’vukhadnetzar wat hom by die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה laat sweer het, maar hy was hardnekkig en het sy verstand, wil en emosie verhard en wou nie bid tot יהוה, die God van Yisra’el, nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 36