Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 18:19-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. יהוה het gesê: ‘Wie sal vir Ag’av, die koning van Yisra’el, uitlok, dat hy kan opgaan en neergevel word by Ramot-Gil’ad?’ Een het gesê ek sal hom op hierdie manier uitlok en die ander op daardie manier.

20. Toe kom daar ’n gees uit en staan in die Teenwoordigheid van יהוה en sê: ‘Ek sal hom uitlok.’ יהוה vra vir hom: ‘Waarmee?’

21. Hy antwoord: ‘Ek sal uitgaan en ’n leuengees wees in die mond van al sy profete.’ יהוה sê: ‘Jy sal hom uitlok en ook oorwin; gaan uit en doen volgens wat jy gesê het.’

22. Nou, daarom, let op, יהוה het ’n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee terwyl יהוה onheil oor u verklaar het.”

23. Toe het Tzidkiyah, die seun van ’n Kena’anitiese vrou, nader gekom en vir Mikhay’hu op sy wang geslaan en gesê: “Van wanneer af het die Gees van יהוה van my af weggegaan om met jou te praat?”

24. Mikhay’hu antwoord: “Let op, jy sal dit sien op dieselfde dag wat jy in die binneste kamer ingaan om weg te kruip.”1 Kon 22:26

25. Toe sê die koning van Yisra’el: “Vat vir Mikhay’hu en hou hom in die huis van Amon, die goewerneur van die stad en in die huis van Yo’ash, die seun van die koning

26. en sê: ‘So sê die koning: “Sit hierdie man in die gevangenis en voer hom met brood en water van verdrukking (spaarsamig) totdat ek in vrede terugkom.”

27. Mikhay’hu sê: “As u sekerlik veilig terugkom, dan het יהוה nie deur my gepraat nie.” Verder sê hy: “Luister, al julle mense!”

28. Ag’av, koning van Yisra’el en Y’hoshafat, koning van Y’hudah, het opgegaan na Ramot-Gil’ad.

29. Die koning van Yisra’el het vir Y’hoshafat gesê: “Ek sal my gevegsdrag aantrek en in die gevegslinies gaan staan en u moet u gevegsdrag aantrek.” Die koning van Yisra’el het sy wapen-uitrusting aangetrek en in die gevegslinies gaan staan.

30. Die koning van Aram het die bevelvoerder van sy strydwaens, wat by hom was, twee en dertig in getal, beveel en gesê: “Moenie met klein of groot veg nie, net met die koning van Yisra’el.”

31. Dit het gebeur toe die bevelvoerders van die waens vir Y’hoshafat sien, het hulle gesê: “Dit is die koning van Yisra’el!” Hulle het daarom teen hom gekom om met hom te veg, maar Y’hoshafat het uitgeroep en יהוה het hom gehelp en hulle van hom af weggedraai.

32. Dit het gebeur toe die bevelvoerders van die strydwaens sien dat dit nie die koning van Yisra’el is nie, dat hulle van hom af weggedraai het.

33. ’n Sekere man het onwetend ’n pyl na hom geskiet en die koning van Yisra’el getref tussen die laste van sy borsplaat. Toe sê hy vir sy strydwadrywer: ‘draai om en vat my uit die leër uit, want ek is ernstig gewond.’

34. Die geveg het erger geword dié dag, maar die koning het staande in die strydwa teen die Arameërs geveg tot die aand toe, maar teen sononder het hy gesterf.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 18