Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 10:8-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hy het egter die raad wat die oudstes hom gegee het, verwerp en beraadslaag met die jongmanne wat saam met hom groot geword en in sy diens gestaan het.

9. Hy het vir hulle gevra: “Watter raad gee julle my dat ons hierdie mense kan antwoord wat met my gepraat en gesê het: ‘Maak die juk ligter wat u vader op ons gelê het en ons sal u dien.’?”1 Kon 12:10

10. Die jongmanne wat saam met hom in die straat grootgeword het, antwoord hom en sê: “Só moet u die mense antwoord wat met u gepraat en gesê het: ‘U vader het ons juk swaar gemaak, maar u maak dit ietwat ligter oor ons,’ só moet u hulle antwoord: ‘My pinkie is dikker as my vader se duim.

11. Nou, waar my vader ’n swaar juk op julle gelaai het, ék sal by julle juk bysit; het my vader julle met swepe getugtig, ék sal julle met skerpioene tugtig.’”

12. Yarov’am en al die mense het op die derde dag na Regav’am gekom soos die koning hulle gevra en gesê het: “Kom oor drie dae terug na my toe.”

13. Die koning het hulle met harde woorde geantwoord en koning Regav’am het die raad van die oudstes verwerp

14. en met hulle gepraat volgens die raad van die jongmanne en gesê: “My vader het julle juk swaar gemaak, maar ék sal daarby bysit; my vader het julle met swepe getugtig, ék sal julle met skerpioene tugtig.”1 Kon 11:28

15. Die koning het nie na die volk geluister nie, want God het dit voorgeskryf sodat יהוה die woord van Agiyah, die Shiloniet, die profeet, aangaande Yarov’am, die seun van N’vat, waar kon maak.

16. Toe die hele Yisra’el sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: “Ons het geen deel aan Dawid of aan ’n erfenis vir die seun van Yishai nie! Gaan elkeen na sy huis toe, Yisra’el en nou, Dawid, sorg vir jou eie huis!” Yisra’el het na hulle huise teruggekeer,

17. maar oor die seuns van Yisra’el wat in die stede van Y’hudah gebly het, oor hulle het Regav’am regeer.

18. Toe stuur koning Regav’am vir Adoram, wat in beheer van belasting was, maar die seuns van Yisra’el het hom gestenig sodat hy gesterf het, maar koning Regav’am het haastig op sy strydwa geklim, om na Yerushalayim te vlug.

19. So het Yisra’el gerebelleer teen die huis van Dawid, tot vandag toe.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 10