Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 4:28-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Toe het sy gesê: “Het ek van my meester ’n seun gevra? Het ek nie gesê: ‘Moet my nie mislei nie?’”

29. Toe sê hy vir Geigazi: “Gord vas jou heupe en vat my staf in jou hand en gaan heen; as jy iemand teëkom, moet hom nie groet nie en as iemand jou groet, antwoord hom nie en lê my staf op die gesig van die seun.”

30. Die moeder van die seun het gesê: “Sowaar as יהוה leef en uself leef, ek sal u nie verlaat nie!” Hy het opgestaan en haar gevolg.

31. Geigazi het voor hulle uit gegaan en die staf op die gesig van die seun gelê, maar daar was geen klank of reaksie nie. Hy het teruggekom na hom toe en vir hom gesê: “Die jongman het nie wakker geword nie.”

32. Toe Elisha in die huis inkom, let op, was die jongman dood en het op sy bed gelê!

33. Hy het ingegaan en die deur agter hulle twee toegesluit en tot יהוה gebid.

34. Hy het opgegaan en op die seun gaan lê en sy mond op sy mond gesit, sy oë op sy oë en sy hande op sy hande en homself op hom uitgestrek en die vlees van die seun het warm geword.

35. Toe het hy teruggekom en in die huis een keer heen en weer geloop en weer opgegaan en homself op hom uitgestrek en die jongman het sewe maal genies en sy oë oopgemaak.

36. Toe roep hy Geigazi en sê: “Roep hierdie Shunamiet.” Hy het haar geroep en toe sy by hom gekom het, sê hy: “Tel jou seun op.”

37. Toe het sy ingekom en voor sy voete geval en na die grond toe neergebuig en sy het haar seun opgetel en uitgegaan.

38. Toe Elisha teruggegaan het na Gilgal, was daar hongersnood in die land. Terwyl die profete-seuns voor hom sit, sê hy vir sy dienskneg: “Sit die groot pot op en maak ’n bredie vir die profete-seuns.”

39. Toe gaan een uit in die veld om kruie te versamel en hy het wilde ranke gekry en sy kleed vol wilde pampoene gepluk en gekom en dit in die pot bredie ingesny, want hulle het dit nie geken nie.

40. Hulle het vir die manne opgeskep om te eet en net toe hulle van die bredie eet, skreeu hulle en roep: “Man van God, daar is dood in die pot!” Hulle kon dit nie eet nie.

41. Hy sê egter: “Bring meel.” Hy gooi dit in die pot en sê: “Skep uit vir die mense sodat hulle kan eet.” Toe was daar niks verkeerd in die pot nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 4