Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hy vra: “Met watter pad sal ons opgaan?” Hy antwoord: “Die pad van die wildernis van Edom.”

9. So het die koning van Yisra’el saam met die koning van Y’hudah en die koning van Edom gegaan en hulle het ’n roete van sewe dae gereis en daar was geen water vir die leër of vir die beeste wat hulle gevolg het nie.

10. Toe sê die koning van Yisra’el: “Helaas, יהוה het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van Mo’av te gee!”

11. Y’hoshafat vra egter: “Is hier nie ’n profeet van יהוה dat ons deur hom by יהוה navraag kan doen nie?” Een van die koning van Yisra’el se diensknegte antwoord en sê: “Elisha, die seun van Shafat, wat water op die hande van Eliyahu gegooi het, (hom gedien het) is hier.”

12. Y’hoshafat sê: “Die woord van יהוה is by hom.” So het die koning van Yisra’el, Y’hoshafat en die koning van Edom na hom toe afgegaan.

13. Elisha het vir die koning van Yisra’el gesê: “Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder!” Die koning van Yisra’el antwoord hom: “Nee, want יהוה het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van Mo’av te gee.”

14. Elisha sê: “So waar as יהוה-Tzva’ot leef voor wie se Teenwoordigheid ek staan, as dit nie was dat ek die teenwoordigheid van Y’hoshafat, die koning van Y’hudah, geag het nie, sou ek nie na u gekyk of u raakgesien het nie,

15. maar bring nou vir my ’n musikant.” Dit het gebeur toe die musikant speel dat die hand van יהוה op hom gekom het.

16. Hy het gesê: “So sê יהוה: ‘Maak hierdie vallei vol slote,’

17. want so sê יהוה: ‘Julle sal geen wind of reën sien nie; tog sal hierdie vallei gevul word met water sodat julle sal drink, beide julle, julle beeste en julle ander diere.

18. Hierdie is maar ’n geringe ding in die oë van יהוה; Hy sal ook die Mo’aviete in julle hand gee.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3