Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Y’horam, die seun van Ag’av, het koning geword oor Yisra’el in Shomron in die agttiende jaar van Y’hoshafat, koning van Y’hudah en hy het twaalf jaar regeer.Deut 16:22

2. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, alhoewel nie soos sy vader en sy moeder nie, want hy het die pilaar van Ba’al verwyder wat sy vader gemaak het.

3. Nogtans het hy vasgehou aan die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het; hy het nie van hulle afgewyk nie.

4. Mesha, die koning van Mo’av, was ’n skaapboer en het aan die koning van Yisra’el ’n honderd duisend lammers en ’n honderd duisend ramme se wol betaal.

5. Toe Ag’av gesterf het, het die koning van Mo’av egter teen die koning van Yisra’el rebelleer.

6. Koning Y’horam het in daardie tyd uit Shomron uitgegaan en die hele Yisra’el opgeroep.

7. Toe het hy woord gestuur na Y’hoshafat, koning van Y’hudah, en gesê: “Die koning van Mo’av het teen my gerebelleer. Sal u saam met my teen Mo’av gaan veg?” Hy antwoord: “Ek sal opgaan; ek is soos u is, my volk soos u volk, my perde soos u perde.”

8. Hy vra: “Met watter pad sal ons opgaan?” Hy antwoord: “Die pad van die wildernis van Edom.”

9. So het die koning van Yisra’el saam met die koning van Y’hudah en die koning van Edom gegaan en hulle het ’n roete van sewe dae gereis en daar was geen water vir die leër of vir die beeste wat hulle gevolg het nie.

10. Toe sê die koning van Yisra’el: “Helaas, יהוה het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van Mo’av te gee!”

11. Y’hoshafat vra egter: “Is hier nie ’n profeet van יהוה dat ons deur hom by יהוה navraag kan doen nie?” Een van die koning van Yisra’el se diensknegte antwoord en sê: “Elisha, die seun van Shafat, wat water op die hande van Eliyahu gegooi het, (hom gedien het) is hier.”

12. Y’hoshafat sê: “Die woord van יהוה is by hom.” So het die koning van Yisra’el, Y’hoshafat en die koning van Edom na hom toe afgegaan.

13. Elisha het vir die koning van Yisra’el gesê: “Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder!” Die koning van Yisra’el antwoord hom: “Nee, want יהוה het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van Mo’av te gee.”

14. Elisha sê: “So waar as יהוה-Tzva’ot leef voor wie se Teenwoordigheid ek staan, as dit nie was dat ek die teenwoordigheid van Y’hoshafat, die koning van Y’hudah, geag het nie, sou ek nie na u gekyk of u raakgesien het nie,

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3