Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 23:4-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Toe beveel die koning vir Hilkiyahu, die hoofpriester, die priesters van die tweede rang en die deurwagters om al die voorwerpe uit die tempel van יהוה te bring wat gemaak is vir Ba’al, vir Asherah en vir die hele leër van die hemel en hy het dit buitekant Yerushalayim in die velde van Kidron verbrand en hulle as na Beit-El gedra.

5. Hy het weggedoen met die afgodspriesters wat die konings van Y’hudah aangestel het om wierook te brand op die hoë plekke in die stede van Y’hudah en in die omgewing van Yerushalayim en ook dié wat tot Ba’al, tot die son, die maan, die sterretekens en die hele leër van die hemel wierook laat opgaan het.

6. Hy het die Asherah uit die huis van יהוה na buitekant Yerushalayim uitgebring na die spruit Kidron en dit by die spruit Kidron verbrand en dit tot stof gemaal en sy stof gegooi op grafte van die gewone mense.

7. Hy het ook die huise van kultusprostitute afgebreek wat in die huis van יהוה was, waar die vroue behangsels geweef het vir die Asherah.

8. Toe het hy al die priesters uit die stede van Y’hudah laat kom en die hoë plekke onteer waarop die priesters wierook gebrand het, van Geba af tot by Be’er-Sh’va en die hoë plekke van die poorte afgebreek, wat by die ingang van die poort van Y’hoshua, die goewerneur van die stad, aan ’n mens se linkerhand by die stadspoort, was.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 23