Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 23:33-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

33. Farao N’khoh het hom in Rivlah, in die land van Hamat, gevange gehou sodat hy nie in Yerushalayim sou regeer nie en die land ’n boete opgelê van ’n honderd talente silwer en ’n talent goud.2 Kro 36:4

34. Farao N’khoh het Elyakim, die seun van Yoshiyahu, koning gemaak in die plek van Yoshiyahu, sy vader en sy naam verander na Y’hoyakim, maar hy het Y’ho’agaz weggevat en hom na Mitzrayim gebring en hy is daar dood.

35. Y’hoyakim het die silwer en die goud vir Farao gegee, maar hy het die grond belas om die geld volgens die bevel van Farao te gee. Hy het die silwer en die goud van die mense van die land ingevorder, elkeen volgens sy waardasie, om dit vir Farao N’khoh te gee.

36. Y’hoyakim was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het elf jaar in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Z’vudah, die dogter van P’dayah, van Rumah.

37. En hy het boos gedoen in die oë van יהוה, volgens alles wat sy vaders gedoen het.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 23