Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 23:21-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Toe het die koning al die mense beveel en gesê: “Vier Pesag vir יהוה, julle God, soos geskrywe is in hierdie boek van die verbond.”

22. Daar is sekerlik nie so ’n Pesag gevier vanaf die dae van die Rigters, wat Yisra’el gerig het, of gedurende al die dae van die konings van Yisra’el en die konings van Y’hudah nie,2 Kro 35:1-19

23. maar in die agttiende jaar van koning Yoshiyahu is hierdie Pesag tot יהוה in Yerushalayim gehou.

24. Yoshiyahu het verder ook die mediums, die spiritiste, die huisgode en die afgode en al die gruwels wat in die land van Y’hudah en in Yerushalayim te sien was, verwyder, om die woorde van die wet te bevestig wat geskryf is in die boek wat Hilkiyahu, die priester, in die huis van יהוה gekry het.

25. Voor hom was daar geen koning soos hy, wat met sy hele gees, verstand, wil en emosie en met al sy krag omgedraai het na יהוה volgens die hele wet van Moshe nie en ook het nie een ná hom soos hy opgestaan nie.

26. Nogtans het יהוה nie weggedraai van die ernstigheid van Sy groot toorn waarmee Sy woede teen Y’hudah gebrand het oor al die tartinge waarmee M’nasheh Hom getart het nie.

27. יהוה het gesê: “Ek sal Y’hudah ook uit My sig verwyder soos Ek Yisra’el verwyder het en Ek sal hierdie stad Yerushalayim verwerp wat Ek gekies het en die huis waarvan Ek gesê het: ‘My Karakter en Outoriteit (Naam) sal daar wees.’”

28. Die res van die dade van Yoshiyahu en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 23