Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 17:8-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. en geleef het in die tradisies van die nasies, wat יהוה voor die kinders van Yisra’el uit verdryf het en van die konings van Yisra’el, wat dit ingestel het.Yeg 8:12 Meer nog, hulle het vir hulself hoë plekke gebou in al hulle stede, van wagtoring af tot versterkte stad.

9. Die seuns van Yisra’el het dinge in die geheim gedoen wat nie reg was teenoor יהוה, hulle God, nie.

10. Hulle het vir hulself pilare en Asherah beelde opgerig op elke hoë heuwel en onder elke groen boom

11. en daar het hulle wierook gebrand op al die hoë plekke, soos die nasies wat יהוה voor hulle uit weggevoer het, gedoen het en hulle het bose dinge gedoen om יהוה uit te tart.

12. Hulle het afgode gedien, waarvan יהוה vir hulle gesê het: “Julle mag dit nie doen nie.”

13. Tog het יהוה Yisra’el en Y’hudah gewaarsku deur al Sy profete en elke siener en gesê: “Draai weg van julle bose dade en onderhou My opdragte, My instellings, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het en wat Ek vir julle gestuur het deur My diensknegte, die profete.”

14. Nietemin, hulle het nie geluister nie en hul nek styf gemaak soos hulle vaders wat nie op יהוה, hulle God, vertrou het nie.

15. Hulle het Sy instellings en Sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit en Sy waarskuwings waarmee Hy hulle gewaarsku het en agter nietighede aangeloop en nietig geword en agter die nasies aangegaan wat rondom hulle was, van wie יהוה hulle beveel het om nie soos hulle te doen nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 17