Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 17:21-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Toe Hy Yisra’el van die huis van Dawid afgeskeur het, het hulle Yarov’am, die seun van N’vat, koning gemaak. Toe het Yarov’am Yisra’el weggedryf daarvan om יהוה te volg en hulle ’n groot sonde laat doen.

22. Die seuns van Yisra’el het geloop in al die sondes van Yarov’am wat hy gedoen het, hulle het daar nie van weggedraai nie2 Kon 13:23; 2 Kon 14:27

23. totdat יהוה Yisra’el voor Sy sig verwyder het soos Hy deur al Sy diensknegte, die profete, gepraat het. Yisra’el is in ballingskap uit sy land weggevoer na Ashur, tot vandag toe.

24. Die koning van Ashur het uit Bavel, uit Kutah, uit `Ava, uit Hamat en S’farvayim mense gebring en laat woon in die stede van Shomron, in die plek van die seuns van Yisra’el. Hulle het Shomron dus in besit geneem en in sy stede gaan woon.

25. Aan die begin van hulle verblyf daar het hulle יהוה nie gevrees nie; daarom het יהוה leeus tussen hulle ingestuur, wat sommige van hulle doodgemaak het.

26. Hulle het met die koning van Ashur gepraat en gesê: “Die nasies wat U weggevoer het na die stede van Shomron, ken nie die gebruike van die God van die land nie; daarom het Hy leeus onder hulle gestuur en let op, dié maak hulle dood omdat hulle nie die gebruike van die God van die land ken nie.

27. Toe beveel die koning van Ashur en sê: “Vat een van die priesters daarheen wat julle weggevoer het in ballingskap en laat hom daar gaan bly en laat hom die gebruike van die God van die land aan hulle leer.

28. Een van die priesters wat uit Shomron weggevoer is in ballingskap het gekom en in Beit-El gebly en hulle geleer hoe hulle יהוה moet vrees.

29. Elke nasie het egter steeds sy eie gode gemaak en in die huise van die hoë plekke gesit wat die mense van Shomron gebou het; elke nasie in hul stede waarin hulle gebly het.

30. Die manne van Bavel het Sukkot-B’not gemaak, die manne van Kutah het Nergal gemaak, die manne van Hamat het Ashima gemaak,

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 17