Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 14:8-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Toe stuur Amatzyah boodskappers na Y’ho’ash, die seun van Y’ho’agaz, die seun van Yehu, koning van Yisra’el, om te sê: “Kom, laat ons mekaar se gesigte sien.”

9. Y’ho’ash, koning van Yisra’el, het vir Amatzyah, koning van Y’hudah, laat weet en gesê: “Die distel wat in L’vanon is, het vir die seder wat in L’vanon is, laat weet: ‘Gee jou dogter vir my seun as vrou,’ maar ’n wilde dier van die L’vanon het verbygegaan en die distel vertrap.2 Kro 25:11 en u verstand, wil en emosie het trots geword; geniet die eer en bly by die huis, want waarom wil u moeilikheid uittart sodat u sou val; u en Y’hudah saam met u?”

10. U het inderdaad vir Edom verslaan

11. Amatzyah wou egter nie luister nie. Toe gaan Y’ho’ash, koning van Yisra’el, op en hy en Amatzyah, koning van Y’hudah, het teenoor mekaar gestaan by Beit-Shemesh, wat aan Y’hudah behoort.

12. Y’hudah is deur Yisra’el verslaan en hulle het gevlug, elkeen na sy tent toe.

13. Y’ho’ash, koning van Yisra’el, het Amatzyah, koning van Y’hudah, die seun van Yo’ash, die seun van Agazyah, gevange geneem by Beit-Shemesh en by Yerushalayim gekom en vier honderd el van die muur van Yerushalayim afgebreek, vanaf die poort van Efrayim tot by die Hoekpoort.

14. Hy het al die goud, die silwer en al die gereedskap wat in die huis van יהוה en in die skatkamers van die huis van die koning te vinde was, gevat, asook die gyselaars en teruggegaan na Shomron.

15. Die res van die dade van Y’ho’ash, wat hy gedoen het en sy mag en hoe hy teen Amatzyah, die koning van Y’hudah, geveg het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 14