hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die tweede jaar van Y’ho’ash, die seun van Y’ho’agaz, koning van Yisra’el, het Amatzyah, die seun van Yo’ash, die koning van Y’hudah, koning geword.

2. Hy was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het nege en twintig jaar lank in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Y’ho’addan van Yerushalayim.

3. Hy het reg gedoen in die oë van יהוה, alhoewel nie soos sy vader, Dawid, nie; hy het alles gedoen volgens wat sy vader, Yo’ash, gedoen het.

4. Net die hoë plekke is nie weggevat nie: die volk het nog op die hoë plekke geoffer en wierook gebrand.

5. Nou, sodra die koninkryk stewig in sy hand was, het dit gebeur dat hy sy diensknegte, wat sy vader, die koning, doodgeslaan het, doodgemaak het.Deut 24:16; Yir 31:30; Yeg 18:20

6. Die kinders van die moordenaars het hy egter nie laat doodmaak nie, volgens wat geskryf is in die wetboek van Moshe, soos יהוה dit beveel en gesê het: “Die vaders mag nie vir die kinders en die kinders mag nie vir die vaders doodgemaak word nie, maar elkeen moet vir sy eie sonde doodgemaak word.”

7. Hy het tien duisend man van Edom in die Soutvallei verslaan en Sela in die oorlog verower en dit Yokte’el genoem, tot vandag toe.

8. Toe stuur Amatzyah boodskappers na Y’ho’ash, die seun van Y’ho’agaz, die seun van Yehu, koning van Yisra’el, om te sê: “Kom, laat ons mekaar se gesigte sien.”

9. Y’ho’ash, koning van Yisra’el, het vir Amatzyah, koning van Y’hudah, laat weet en gesê: “Die distel wat in L’vanon is, het vir die seder wat in L’vanon is, laat weet: ‘Gee jou dogter vir my seun as vrou,’ maar ’n wilde dier van die L’vanon het verbygegaan en die distel vertrap.2 Kro 25:11 en u verstand, wil en emosie het trots geword; geniet die eer en bly by die huis, want waarom wil u moeilikheid uittart sodat u sou val; u en Y’hudah saam met u?”

10. U het inderdaad vir Edom verslaan

11. Amatzyah wou egter nie luister nie. Toe gaan Y’ho’ash, koning van Yisra’el, op en hy en Amatzyah, koning van Y’hudah, het teenoor mekaar gestaan by Beit-Shemesh, wat aan Y’hudah behoort.

12. Y’hudah is deur Yisra’el verslaan en hulle het gevlug, elkeen na sy tent toe.

13. Y’ho’ash, koning van Yisra’el, het Amatzyah, koning van Y’hudah, die seun van Yo’ash, die seun van Agazyah, gevange geneem by Beit-Shemesh en by Yerushalayim gekom en vier honderd el van die muur van Yerushalayim afgebreek, vanaf die poort van Efrayim tot by die Hoekpoort.

14. Hy het al die goud, die silwer en al die gereedskap wat in die huis van יהוה en in die skatkamers van die huis van die koning te vinde was, gevat, asook die gyselaars en teruggegaan na Shomron.

15. Die res van die dade van Y’ho’ash, wat hy gedoen het en sy mag en hoe hy teen Amatzyah, die koning van Y’hudah, geveg het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?

16. Y’ho’ash is neergelê by sy vaders en is begrawe in Shomron by die konings van Yisra’el en Yarov’am, sy seun, het in sy plek koning geword.

17. Amatzyah, die seun van Yo’ash, die koning van Y’hudah, het nog vyftien jaar geleef ná die dood van Y’ho’ash, die seun van Y’ho’agaz, koning van Yisra’el.

18. Die res van die dade van Amatzyah, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?

19. Hulle het saamgesweer teen hom in Yerushalayim en hy het na Lakhish gevlug, maar hulle het agter hom aan gestuur na Lakhish en hom daar doodgemaak.

20. Toe het hulle hom op perde vervoer en hy is in Yerushalayim begrawe by sy vaders in die stad van Dawid.2 Kro 26:1-23

21. Al die mense van Y’hudah het vir `Azaryahu (`Uziyahu) gevat, wat sestien jaar oud was en hom koning gemaak in die plek van sy vader Amatzyah.

22. Nadat die koning by sy vaders neergelê is, het hy Eilat gebou en weer aan Y’hudah herstel.

23. In die vyftiende jaar van Amatzyah, die seun van Yo’ash, koning van Y’hudah, het Yarov’am, die seun van Y’ho’ash, koning van Yisra’el, in Shomron koning geword vir een en veertig jaar lank.

24. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, hy het nie weggedraai van al die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.

25. Hy het die grens van Yisra’el herstel vanaf die ingang van Hamat af tot by die see van die `Aravah, volgens die woord van יהוה, die God van Yisra’el, wat Hy deur sy dienskneg Yonah, die seun van Amittai, die profeet, wat uit Gat-Hefer was, gepraat het,

26. want יהוה het die ellende van Yisra’el gesien, wat baie bitter was, want daar was geen slaaf of vryman en geen helper vir Yisra’el nie.

27. יהוה het nie gesê dat Hy die naam van Yisra’el onder die hemel sou uitdelg nie en Hy het hulle gered deur Yarov’am, die seun van Yo’ash.

28. Die res van die dade van Yarov’am en alles wat hy gedoen het en sy mag, hoe hy geveg en hoe hy Dammesek en Hamat van Y’hudah aan Yisra’el herstel het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?

29. Yarov’am is neergelê by sy vaders, met die konings van Yisra’el en Z’kharyah, sy seun, het in sy plek koning geword.