Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 14:13-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Y’ho’ash, koning van Yisra’el, het Amatzyah, koning van Y’hudah, die seun van Yo’ash, die seun van Agazyah, gevange geneem by Beit-Shemesh en by Yerushalayim gekom en vier honderd el van die muur van Yerushalayim afgebreek, vanaf die poort van Efrayim tot by die Hoekpoort.

14. Hy het al die goud, die silwer en al die gereedskap wat in die huis van יהוה en in die skatkamers van die huis van die koning te vinde was, gevat, asook die gyselaars en teruggegaan na Shomron.

15. Die res van die dade van Y’ho’ash, wat hy gedoen het en sy mag en hoe hy teen Amatzyah, die koning van Y’hudah, geveg het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?

16. Y’ho’ash is neergelê by sy vaders en is begrawe in Shomron by die konings van Yisra’el en Yarov’am, sy seun, het in sy plek koning geword.

17. Amatzyah, die seun van Yo’ash, die koning van Y’hudah, het nog vyftien jaar geleef ná die dood van Y’ho’ash, die seun van Y’ho’agaz, koning van Yisra’el.

18. Die res van die dade van Amatzyah, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?

19. Hulle het saamgesweer teen hom in Yerushalayim en hy het na Lakhish gevlug, maar hulle het agter hom aan gestuur na Lakhish en hom daar doodgemaak.

20. Toe het hulle hom op perde vervoer en hy is in Yerushalayim begrawe by sy vaders in die stad van Dawid.2 Kro 26:1-23

21. Al die mense van Y’hudah het vir `Azaryahu (`Uziyahu) gevat, wat sestien jaar oud was en hom koning gemaak in die plek van sy vader Amatzyah.

22. Nadat die koning by sy vaders neergelê is, het hy Eilat gebou en weer aan Y’hudah herstel.

23. In die vyftiende jaar van Amatzyah, die seun van Yo’ash, koning van Y’hudah, het Yarov’am, die seun van Y’ho’ash, koning van Yisra’el, in Shomron koning geword vir een en veertig jaar lank.

24. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, hy het nie weggedraai van al die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 14