Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 14:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die tweede jaar van Y’ho’ash, die seun van Y’ho’agaz, koning van Yisra’el, het Amatzyah, die seun van Yo’ash, die koning van Y’hudah, koning geword.

2. Hy was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het nege en twintig jaar lank in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Y’ho’addan van Yerushalayim.

3. Hy het reg gedoen in die oë van יהוה, alhoewel nie soos sy vader, Dawid, nie; hy het alles gedoen volgens wat sy vader, Yo’ash, gedoen het.

4. Net die hoë plekke is nie weggevat nie: die volk het nog op die hoë plekke geoffer en wierook gebrand.

5. Nou, sodra die koninkryk stewig in sy hand was, het dit gebeur dat hy sy diensknegte, wat sy vader, die koning, doodgeslaan het, doodgemaak het.Deut 24:16; Yir 31:30; Yeg 18:20

6. Die kinders van die moordenaars het hy egter nie laat doodmaak nie, volgens wat geskryf is in die wetboek van Moshe, soos יהוה dit beveel en gesê het: “Die vaders mag nie vir die kinders en die kinders mag nie vir die vaders doodgemaak word nie, maar elkeen moet vir sy eie sonde doodgemaak word.”

7. Hy het tien duisend man van Edom in die Soutvallei verslaan en Sela in die oorlog verower en dit Yokte’el genoem, tot vandag toe.

8. Toe stuur Amatzyah boodskappers na Y’ho’ash, die seun van Y’ho’agaz, die seun van Yehu, koning van Yisra’el, om te sê: “Kom, laat ons mekaar se gesigte sien.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 14