Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 13:12-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Die res van die dade van Y’ho’ash en alles wat hy gedoen het en sy mag waarmee hy teen Amatzyah, koning van Y’hudah, geveg het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?

13. Y’ho’ash is neergelê by sy vaders en Yarov’am het op sy troon gaan sit en Y’ho’ash is begrawe in Shomron by die konings van Yisra’el.2 Kon 2:12

14. Toe Elisha siek geword het met die siekte waaraan hy sou sterf, het Y’ho’ash, die koning van Yisra’el, afgekom na hom toe en oor hom gehuil en gesê: “My vader, my vader, die strydwaens van Yisra’el en sy ruiters!”

15. Elisha sê vir hom: “Vat ’n boog en pyle.” Hy het ’n boog en pyle gevat.

16. Toe sê hy vir die koning van Yisra’el: “Sit jou hand aan die boog.” Hy het sy hand op dit gesit en Elisha het sy hande op die hande van die koning gelê.

17. Hy het gesê: “Maak die venster oop na die ooste toe!” Hy het dit oopgemaak. Toe sê Elisha: “Skiet!” Hy het geskiet. Toe sê hy: “יהוה se pyl van oorwinning, van oorwinning oor Aram, want jy sal die Arameërs oorwin by Afek.”

18. Toe sê hy: “Vat die pyle.” Hy het dit gevat. Hy sê vir die koning van Yisra’el: “Slaan die grond!” Hy het drie maal geslaan en opgehou.

19. Die man van God was kwaad vir hom en sê: “Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs geslaan het totdat jy hulle vernietig het, maar nou sal jy die Arameërs net drie maal verslaan.”

20. Elisha het gesterf en hulle het hom begrawe. Die bendes van die Mo’aviete het met die aanvang van die jaar die land binnegeval.

21. Terwyl hulle besig was om ’n man te begrawe, let op, sien hulle ’n plunderende bende en gooi die man in die graf van Elisha. Toe die man die gebeente van Elisha raak, het hy lewendig geword en op sy voete gestaan.

22. Haza’el, koning van Aram, het Yisra’el onderdruk, al die dae van Y’ho’agaz,

23. maar יהוה was goedgunstig tot hulle en het omgee vir hulle gehad en na hulle toe gedraai ter wille van Sy verbond met Avraham, Yitz’gak en Ya’akov en Hy wou hulle nie vernietig en van Sy Teenwoordigheid af weggooi nie; tot nou toe.

24. Toe Haza’el, koning van Aram, sterf, het Ben-Hadad, sy seun, in sy plek koning geword.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 13