Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 11:13-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Toe `Atalyah die stem van die wagte en van die mense hoor, het sy na die mense in die huis van יהוה gekom.

14. Sy het gekyk en let op, die koning het by die pilaar gestaan, volgens die gewoonte, met die bevelvoerders en die trompetblasers langs die koning en al die mense van die land was bly en het op trompette geblaas. Toe skeur `Atalyah haar klere en roep uit: “Verraad, verraad!”

15. Y’hoyada, die priester, het die bevelvoerders oor ’n honderd, wat oor die leër aangestel is, beveel en vir hulle gesê: “Vat haar uit die rye uit en maak die wat agter haar aankom dood met die swaard,” want die priester het gesê: “Sy moenie in die huis van יהוה doodgemaak word nie.”

16. Hulle het haar gegryp en toe sy by die ingang vir die perde van die huis van die koning gekom het, is sy daar doodgemaak.

17. Toe het Y’hoyada ’n verbond gesluit tussen יהוה, die koning en die volk dat hulle die volk van יהוה sou wees; ook tussen die koning en die volk.

18. Al die mense van die land het in die tempel van Ba’al ingegaan en dit afgebreek; sy altare en sy beelde het hulle deeglik in stukkies gebreek en Mattan, die priester van Ba’al, voor die altare doodgeslaan. Die priester het amptenare aangestel oor die huis van יהוה.

19. Y’hoyada het die bevelvoeders oor ’n honderd, die lyfwagte, die wagte en die hele volk van die land gevat en hulle het die koning afgebring uit die huis van יהוה en deur die poort van die wagte na die huis van die koning gegaan en hy het op die troon van die konings gaan sit.

20. Al die mense van die land was bly en die stad rustig, want hulle het `Atalyah met die swaard doodgemaak by die koning se huis.2 Kro 24:1-27

21. Yo’ash was sewe jaar oud toe hy koning geword het.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 11