Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 9:21-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Sha’ul antwoord: “Is ek nie ’n Binyaminiet, uit die kleinste van die stamme van Yisra’el en my familie die geringste uit al die families van die stam van Binyamin nie? Waarom praat u dan so met my?”

22. Toe vat Sh’mu’el vir Sha’ul en sy dienskneg en vat hulle in die saal in en gee vir hulle ’n plek aan die hoof van die genooides, wat omtrent dertig man was.

23. Sh’mu’el het vir die kok gesê: “Gee die gedeelte wat ek vir jou gegee het, waarvan ek vir jou gesê het: ‘Sit dit eenkant’.”

24. Toe het die kok die boud, met wat daarop was, opgetel en dit voor Sha’ul neergesit. Sh’mu’el het gesê: “Hier is wat opsy gesit is, voor jóú neergesit! Eet, want dit is vir jou bewaar tot die bestemde tyd vandat ek gesê het dat ek die mense uitnooi.” So het Sha’ul dan dié dag saam met Sh’mu’el geëet.

25. Toe hulle vanaf die hoë plek afkom in die stad in, praat hy met Sha’ul op die dak.

26. Hulle het vroeg opgestaan en teen dagbreek het Sh’mu’el na Sha’ul op die dak geroep en gesê: “Staan op sodat ek jou kan wegstuur.” Sha’ul het opgestaan en beide hy en Sh’mu’el het uitgegaan in die straat in.

27. Soos hulle afgaan na die kant van die stad, sê Sh’mu’el vir Sha’ul: “Sê vir die dienskneg dat hy voor ons uit moet gaan en aangaan, maar staan jy nou eers stil dat ek die boodskap van God aan jou kan verkondig.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 9