Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 7:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die manne van Kiryat-Ye’arim het gekom en die ark van יהוה gevat en dit in die huis van Avinadav op die heuwel gebring en hulle het sy seun El’azar afgesonder om die ark van יהוה te versorg.

2. Vanaf die dag dat die ark in Kiryat-Ye’arim gekom het, het daar ’n lang tyd verloop, want dit was twintig jaar en die hele huis van Yisra’el het agter יהוה aan geweeklaag.

3. Toe het Sh’mu’el met die hele huis van Yisra’el gepraat en gesê: “As julle met jul hele verstand, wil en emosie terugdraai na יהוה, die vreemde gode en die `Ashtarot tussen julle uit verwyder en julle verstand, wil en emosie op יהוה rig en Hom alleen dien, sal Hy julle bevry uit die hand van die F’lishtyne.”

4. Die seuns van Yisra’el het die Ba’als en die `Ashtarot verwyder en יהוה alleen gedien.

5. Toe het Sh’mu’el gesê: “Versamel die hele Yisra’el by Mitzpah en ek sal tot יהוה vir julle bid.”

6. Hulle het by Mitzpah bymekaargekom, water opgetrek en dit voor die Teenwoordigheid van יהוה uitgegiet en op daardie dag gevas en daar gesê: “Ons het gesondig teen יהוה.” Sh’mu’el het die seuns van Yisra’el by Mitzpah gerig.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 7