Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 31:2-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Die F’lishtyne het Sha’ul en sy seuns ingehaal en die F’lishtyne het Y’honatan, Avinadav en Malkishua, die seuns van Sha’ul, doodgemaak.

3. Die geveg het hewig teen Sha’ul verloop en die boogskutters het hom getref en hy is ernstig deur hulle gewond.

4. Toe sê Sha’ul vir sy wapendraer: “Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee, anders kom die onbesnedenes en deurboor my en skeer gek met my.” Sy wapendraer wou egter nie omdat hy baie bang was. Sha’ul vat toe sy swaard en val daarin.

5. Toe sy wapendraer sien dat Sha’ul dood is, het hy ook in sy swaard geval en saam met hom gesterf.

6. So het Sha’ul met sy drie seuns, sy wapendraer en al sy manne op dieselfde dag gesterf.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 31