Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 30:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Hulle het ’n Mitzrayiet in die veld gevind wat hulle na Dawid gebring het, vir hom brood gegee wat hy geëet het en water om te drink.

12. Hulle het vir hom ’n stuk vyekoek en twee rosynekoeke gegee en hy het geëet; toe het sy gees ontwaak, want hy het geen brood geëet of water gedrink vir drie dae en drie nagte nie.

13. Dawid vra vir hom: “Aan wie behoort jy en waar kom jy vandaan? Hy sê: “Ek is ’n jongman van Mitzrayim, die slaaf van ’n Amalekiet en my meester het my laat agterbly toe ek drie dae gelede siek geword het.

14. Ons het ’n inval gedoen in die Suidland van die K’retiërs, in dié van Y’hudah, in die Suidland van Kalev en Ziklag met vuur verbrand.

15. Toe vra Dawid vir hom: “Sal jy my afbring na hierdie bende toe?” Hy sê: “Sweer vir my by God dat u my nie sal doodmaak en my nie sal uitlewer in die hand van my meester nie en ek sal u afbring na hierdie bende toe.”

16. Toe hy hom afgebring het, let op, is hulle oor die hele land verstrooi, besig om te eet, te drink en te dans as gevolg van die groot buit wat hulle uit die land van die F’lishtyne en uit die land van Y’hudah gevat het.

17. Dawid het hulle verslaan van die aandskemer af tot die aand van die volgende dag en nie een man van hulle het ontsnap nie, behalwe vier honderd jongmanne wat op kamele gery en gevlug het.

18. So het Dawid alles herwin wat die Amalekiete gevat het en sy twee vroue gered.

19. Niks van hulle was weg nie, klein of groot, seuns of dogters, buit of niks van alles wat hulle vir hulleself gevat het nie; Dawid het alles teruggebring.

20. Dawid het al die kleinvee en beeste afgevat. Hulle het hul voor die ander vee uitgedryf en gesê: “Dit is Dawid se buit.”

21. Toe Dawid by die twee honderd man kom wat te moeg was om agter Dawid aan te gaan, wat hulle by die spruit B’sor laat agterbly het, kom hulle uit om vir Dawid en die manne wat by hom was, te ontmoet. Dawid het met die manne nadergekom en hulle gegroet.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 30