Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 22:9-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Toe sê Do’eg, die Edomiet, wat by die diensknegte van Sha’ul gestaan het: “Ek het die seun van Yishai sien kom na Nov by Agimelekh, die seun van Agituv.

10. Hy het יהוה geraadpleeg vir hom, vir hom padkos gegee en vir hom die swaard van Golyat, die F’lishtyn, gegee.”

11. Toe stuur die koning iemand om die priester Agimelekh, die seun van Agituv, met sy vader se hele huishouding, die priesters wat in Nov was, te roep en hulle het almal na die koning toe gekom.

12. Sha’ul het gesê: “Luister nou, seun van Agituv!” Hy het geantwoord: “Hier is ek, my meester!”

13. Sha’ul sê vir hom: “Waarom het jy en die seun van Yishai teen my saamgesweer deurdat jy vir hom brood en ’n swaard gegee het en God vir hom geraadpleeg het sodat hy teen my sou opstaan deur in hinderlaag teen my te lê, soos dit vandag is?”

14. Toe antwoord Agimelekh die koning en sê: “Wie is onder al u diensknegte so getrou soos Dawid, selfs die skoonseun van die koning, wat bevelvoerder oor u wag is en geëerd is in u huis?

15. Het ek vandag begin om God vir hom te raadpleeg? Dit is ver van my! Die koning moenie op sy dienskneg, op enige van die huishouding van my vader, iets lê nie, want u dienskneg weet niks van hierdie hele saak nie.”1 Sh'm 2:27-33; 1 Sh'm 14:3; 1 Sh'm 22:11, 20

16. Die koning sê egter: “Agimelekh, jy moet sekerlik sterf, jy en jou vader se hele huishouding.”

17. Die koning sê vir die wagte wat hom bedien: “Draai om en maak die priesters van יהוה dood omdat hulle hand ook met Dawid is en omdat hulle geweet het dat hy vlug en dit nie aan my geopenbaar het nie.” Die diensknegte van die koning was nie gewillig om hulle hand uit te steek om die priesters van יהוה aan te val nie.

18. Toe sê die koning vir Do’eg: “Draai jy om en val die priesters aan.” Do’eg, die Edomiet, het omgedraai en die priesters aangeval en hy het op dié dag vyf en tagtig man wat die linne skouerkleed dra, gedood.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 22