Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 18:7-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Die vroue het gesing terwyl hulle speel en gesê: “Sha’ul het sy duisende neergeslaan, maar Dawid sy tienduisende!”

8. Toe word Sha’ul baie kwaad, want hierdie woord het hom ontevrede gemaak en hy sê: “Hulle het aan Dawid tienduisende toegeken, maar aan my het hulle duisende toegeken. Wat meer kan hy nou kry as net die koningskap!”

9. Sha’ul het van dié dag af aan met agterdog na Dawid gekyk.

10. Dit het gebeur op die volgende dag dat ’n bose gees vanaf voor יהוה kragtig op Sha’ul gekom het sodat hy in verrukking was binne-in die huis terwyl Dawid soos gewoonlik met sy hand die harp speel en Sha’ul het ’n spies in sy hand gehad.

11. Sha’ul het die spies gegooi, want hy het gedink: “Ek sal Dawid teen die muur vaspen!” Dawid het egter twee maal uit sy teenwoordigheid ontsnap.

12. Sha’ul was bang vir Dawid, want יהוה was by hom en het van Sha’ul af weggegaan.

13. Sha’ul het hom daarom uit sy teenwoordigheid verwyder en hom aangestel as sy bevelvoerder oor ’n duisend en hy het uitgegaan en ingekom voor die manne.Ps 1:3

14. Dawid was voorspoedig in al sy weë, want יהוה was by hom.

15. Toe Sha’ul sien dat hy baie voorspoedig was, het hy hom gevrees,

16. maar die hele Yisra’el en Y’hudah het Dawid liefgehad en hy het voor hulle uitgegaan en ingekom.

17. Toe het Sha’ul vir Dawid gesê: “Hier is my oudste dogter, Merav, ek sal haar vir jou as vrou gee; wees net ’n dapper man vir my en veg die oorloë van יהוה,” want Sha’ul het gedink: “My hand sal nie teen hom wees nie, maar laat die hand van die F’lishtyne teen hom wees.”

18. Dawid het egter vir Sha’ul gesê: “Wie is ek en wat is my lewe of my vader se familie in Yisra’el dat ek die koning se skoonseun sou wees?”

19. So het dit gebeur teen die tyd dat Merav, die dogter van Sha’ul, vir Dawid gegee moes word, dat sy vir Adri’el, die Megolati, as vrou gegee is.

20. Mikhal, Sha’ul se dogter, het Dawid liefgehad. Toe hulle dit vir Sha’ul vertel, het hy dit goedgekeur.

21. Sha’ul het gedink: “Ek sal haar vir hom gee dat sy vir hom ’n strik kan wees en dat die hand van die F’lishtyne teen hom kan wees.” Sha’ul het daarom vir Dawid gesê: “Jy kan vir die tweede keer my skoonseun word, op hierdie dag!”

22. Toe het Sha’ul sy diensknegte beveel: “Praat met Dawid in die geheim en sê: ‘Let op, die koning het vreugde oor jou en al sy diensknegte het jou lief; nou daarom, word die koning se skoonseun.’”

23. Die diensknegte van Sha’ul het toe hierdie woorde vir Dawid gesê, maar Dawid het gevra: “Is dit ’n kleinigheid in julle oë om die skoonseun van die koning te word, aangesien ek ’n arm man is wat min geag word?”

24. Die diensknegte van Sha’ul het aan hom rapporteer volgens die woorde wat Dawid gesê het.

25. Toe sê Sha’ul: “So moet julle vir Dawid sê: “Die koning vereis geen ander bruidsprys as tweehonderd voorhuide van die F’lishtyne nie, om wraak te neem op die koning se vyande.” Sha’ul het beplan om Dawid te laat val deur die hand van die F’lishtyne.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 18