Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 14:34-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. Sha’ul het gesê: “Versprei julle tussen die manne en sê vir hulle: ‘Bring na my elkeen sy bees en sy kleinvee en slag dit hier en eet en moenie teen יהוה sondig deur met bloed te eet nie.” Al die manne het elkeen daardie nag sy bees saam met hom gebring en dit daar geslag.

35. Sha’ul het vir יהוה ’n altaar gebou; dit was die eerste altaar wat hy vir יהוה gebou het.

36. Toe sê Sha’ul: “Laat ons afgaan in die nag agter die F’lishtyne aan en laat ons buit van hulle afvat tot die oggendlig en laat ons nie ’n man onder hulle laat oorbly nie. Hulle antwoord: “Doen wat ook al goed is in u oë.” Die priester het gesê: “Laat ons hier tot God nader.”

37. Sha’ul het God geraadpleeg: “Sal ek afgaan agter die F’lishtyne aan? Sal U hulle in Yisra’el se hand gee?” Hy het hom egter nie daardie dag geantwoord nie.

38. Sha’ul het gesê: “Kom nader hierheen, al die leiers van die volk en ondersoek en kyk hoe hierdie sonde vandag gebeur het,

39. want soos יהוה leef wat Yisra’el verlos, al was dit ook in my seun Y’honatan, dan moet hy sekerlik sterf!” Niemand uit al die manskappe het hom egter geantwoord nie.

40. Toe sê hy vir die hele Yisra’el: “Julle sal aan die een kant wees en ek en my seun Y’honatan sal aan die anderkant wees.” Die manne antwoord Sha’ul: “Doen wat vir u goed lyk.”

41. Sha’ul het daarom vir יהוה, God van Yisra’el, gesê: “Gee ’n volmaakte keuse!” Y’honatan en Sha’ul is aangewys, maar die manne het vry gekom.

42. Sha’ul het gesê: “Werp die lot tussen my en my seun Y’honatan.” Y’honatan is aangewys.

43. Toe vra Sha’ul vir Y’honatan: “Vertel my wat jy gedoen het.” Y’honatan het hom vertel en gesê: “Ek het inderdaad ’n bietjie heuning geproe met die punt van die staf wat in my hand was. Hier is ek, ek moet sterf.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 14