Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 14:23-42 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. So het יהוה Yisra’el op dié dag bevry en die geveg het verby Beit-Aven versprei.

24. Die manne van Yisra’el is hard gedryf op daardie dag, want Sha’ul het die manne onder eed geplaas en gesê: “Vervloek is die man wat iets eet voor die aand en totdat ek myself op my vyande gewreek het.” Nie een van die manne het aan iets geproe nie.

25. Almal van die land het die bos ingegaan en daar was heuning op die grond.

26. Toe die manne in die bos ingaan, let op, was daar ’n oorvloed van heuning, maar niemand het sy hand aan sy mond gesit nie omdat die manne bang was vir die eed.

27. Y’honatan het egter nie gehoor toe sy vader die manne onder eed geplaas het nie; daarom het hy die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in ’n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gesit en sy oë het verhelder.

28. Toe sê een van die manne: “Jou vader het die manne streng onder eed geplaas: ‘Vervloek is die man wat vandag kos eet.’ Die manne was uitgeput.

29. Toe sê Y’honatan: “My vader maak moeilikheid vir die land. Kyk nou hoe my oë opgehelder het omdat ek ’n bietjie van hierdie heuning geproe het.

30. Hoeveel te meer, as die manne net vandag vrylik kon eet van die buit van hul vyande wat hulle gevind het, want nou is die slagting onder die F’lishtyne nie groot nie.”

31. Hulle het die F’lishtyne daardie dag van Mikhmas af tot by Ayalon neergeslaan en die manne was baie uitgeput.Gen 9:4

32. Die manne het gretiglik op die buit afgestorm en kleinvee, beeste en kalwers gevat en dit op die grond geslag en die manne het dit met die bloed geëet.Lev 3:17 Hy het gesê: “Julle het vals opgetree; rol vandag ’n groot klip na my toe.”

33. Toe vertel hulle Sha’ul en sê: “Let op, die manne sondig teen יהוה deur dit met die bloed te eet.”

34. Sha’ul het gesê: “Versprei julle tussen die manne en sê vir hulle: ‘Bring na my elkeen sy bees en sy kleinvee en slag dit hier en eet en moenie teen יהוה sondig deur met bloed te eet nie.” Al die manne het elkeen daardie nag sy bees saam met hom gebring en dit daar geslag.

35. Sha’ul het vir יהוה ’n altaar gebou; dit was die eerste altaar wat hy vir יהוה gebou het.

36. Toe sê Sha’ul: “Laat ons afgaan in die nag agter die F’lishtyne aan en laat ons buit van hulle afvat tot die oggendlig en laat ons nie ’n man onder hulle laat oorbly nie. Hulle antwoord: “Doen wat ook al goed is in u oë.” Die priester het gesê: “Laat ons hier tot God nader.”

37. Sha’ul het God geraadpleeg: “Sal ek afgaan agter die F’lishtyne aan? Sal U hulle in Yisra’el se hand gee?” Hy het hom egter nie daardie dag geantwoord nie.

38. Sha’ul het gesê: “Kom nader hierheen, al die leiers van die volk en ondersoek en kyk hoe hierdie sonde vandag gebeur het,

39. want soos יהוה leef wat Yisra’el verlos, al was dit ook in my seun Y’honatan, dan moet hy sekerlik sterf!” Niemand uit al die manskappe het hom egter geantwoord nie.

40. Toe sê hy vir die hele Yisra’el: “Julle sal aan die een kant wees en ek en my seun Y’honatan sal aan die anderkant wees.” Die manne antwoord Sha’ul: “Doen wat vir u goed lyk.”

41. Sha’ul het daarom vir יהוה, God van Yisra’el, gesê: “Gee ’n volmaakte keuse!” Y’honatan en Sha’ul is aangewys, maar die manne het vry gekom.

42. Sha’ul het gesê: “Werp die lot tussen my en my seun Y’honatan.” Y’honatan is aangewys.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 14