Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 14:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die dag het gekom dat Y’honatan, die seun van Sha’ul, vir die jongman wat sy wapens dra, gesê het: “Kom, ons gaan oor na die F’lishtyne se garnisoen wat aan die oorkant is,” maar hy het nie sy vader vertel nie.

2. Sha’ul het in die buitewyke van Giv’ah gebly onder die granaatboom wat by Migron staan en die mense by hom was omtrent ses honderd man.

3. Agiyah, die seun van Agituv, die broer van I-Khavod, die seun van Pingas, die seun van `Eli, die priester van יהוה in Shiloh, het ’n skouerkleed gedra en die manne het nie geweet dat Y’honatan gegaan het nie.

4. Tussen die passe waardeur Y’honatan wou oorgaan na die garnisoen van die F’lishtyne, was daar ’n steil krans aan die een kant en ’n steil krans aan die ander kant en die naam van die een was Botzetz en die naam van die ander Seneh.

5. Die een krans rys op aan die noordekant oorkant Mikhmas en die ander een aan die suide, oorkant Geva.

6. Toe sê Y’honatan vir die jongman wat sy wapens dra: “Kom, laat ons oorgaan na die garnisoen van daardie onbesnedenes; miskien sal יהוה vir ons werk, want יהוה is nie beperk om deur baie of deur min te red nie.”

7. Sy wapendraer sê vir hom: “Doen alles wat in u begeerte is, draai uself en hier is ek by u, volgens u begeerte.”

8. Toe sê Y’honatan: “Let op, ons sal na die manne toe oorgaan en ons vir hulle wys.

9. As hulle vir ons sê: ‘Wag totdat ons by julle kom,’ dan moet ons op ons plek bly staan en nie na hulle opklim nie,

10. maar as hulle sê: ‘Kom op na ons toe,’ dan sal ons opklim, want יהוה het hulle in ons hand gegee en dit sal vir ons die teken wees.”

11. Toe beide van hulle hulself wys vir die garnisoen van die F’lishtyne, sê die F’lishtyne: “Let op, Hebreërs kom uit die gate uit waar hulle hulself weggesteek het.”

12. Die manne van die garnisoen het Y’honatan en sy wapendraer geroep en gesê: “Kom op na ons toe, dan sal ons julle iets vertel!” Y’honatan sê vir sy wapendraer: “Kom op agter my, want יהוה het hulle in die hand van Yisra’el gegee.”

13. Toe klim Y’honatan boontoe op sy hande en voete en sy wapendraer agter hom en hulle het voor Y’honatan geval en sy wapendraer het sommige doodgemaak agter hom.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 14