Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 16:36-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

36. Geseënd is יהוה, die God van Yisra’el, vir ewig en ewig! Dan sal al die mense sê: ‘Dit is waar!’ Laat hulle almal יהוה loof met ’n aangename en suiwer mond.”

37. Hy het vir Asaf en sy broers daar voor die ark van die verbond van יהוה laat staan om voortdurend in die Teenwoordigheid van יהוה te bedien, elkeen op sy bepaalde tyd,

38. asook vir `Oved-Edom met sy broers, agt en sestig en `Oved-Edom, die seun van Y’dutun en Hosah was wagters van die buitenste poorte

39. en Tzadok, die priester, met sy broers, die priesters, hulle was al die priesters wat voor die tabernakel van יהוה, in Giv’on, bedien het,

40. om voortdurend in die oggend en aand brandoffers op die brandofferaltaar tot יהוה te bring en om te doen volgens alles wat geskrywe is in die wet van יהוה wat Hy deur Moshe gegee het om die seuns van Yisra’el te leer.

41. Hierdie is die name van die manne wat opgestaan het en lofprysinge gesing het om dank aan יהוה te gee, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig: Heman, Y’dutun en die ander regverdige manne wat nie by naam genoem is nie.

42. Hierdie regverdige manne het nie dank gebring met die sanginstrumente, of met tamboeryne, of slaginstrumente, of die gedraaide trompette of reguit trompette, of met simbale nie, maar met ’n aangename stem en suiwer en volmaakte gebed en met onpartydige opregtheid en met reinheid tot יהוה-Tzva’ot, God van Yisra’el.

43. Toe het Dawid die mense laat gaan en elkeen het na sy eie huis teruggekeer. Dawid het teruggegaan om sy huishouding te seën.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 16