Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 11:12-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Ná hom was El’azar, sy oom se seun, die Agogiet; wat oor drie honderd man was.

13. Hy was saam met Dawid by Pas-Dammim toe die F’lishtyne daar geveg het, waar ’n land van gars was en die mense het voor die F’lishtyne gevlug.

14. Hulle het hulself in die middel van die land opgestel en dit bevry en die F’lishtyne verslaan en יהוה het ’n groot oorwinning gebring.

15. Drie van die dertig bevelvoerders het afgegaan na Dawid, in die grot van `Adullam en die magte van die F’lishtyne was uitgekamp in die vallei van Refa’im.

16. Dawid het toe in ’n tent gebly en die P’listynse garnisoen was in Beit-Legem.

17. Dawid het gesmag en gesê: “Ag, dat iemand vir my water te drinke sal gee uit die groot put van Beit-Legem, wat by die poort van die stad is!”

18. Sodra die drie dit gehoor het, het hulle deur die kamp van die F’lishtyne gebreek en water geskep uit die put van Beit-Legem wat by die poort van die stad was en dit na Dawid toe gebring, maar Dawid wou dit nie drink nie en het dit in die Teenwoordigheid van יהוה uitgegooi

19. en gesê: “יהוה verbied dat ek so iets in die Teenwoordigheid van my God doen, want hierdie manne het gegaan en hulle lewe in gevaar gestel;” daarom wou hy dit nie drink nie. Hierdie dinge het hierdie drie dapper manne gedoen.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 11