Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 10:5-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Toe sy wapendraer sien dat Sha’ul dood is, het hy net so in sy swaard geval en saam met hom gesterf.

6. So het Sha’ul, sy drie seuns en sy wapendraer gesterf en al sy magtige manne het op daardie dag saam gesterf.

7. Toe al die manne van Yisra’el wat aan die anderkant van die vallei en aan die anderkant van die Yarden was, sien dat Yisra’el gevlug het en dat Sha’ul en sy seuns doodgemaak is, het hulle die stede verlaat en gevlug en die F’lishtyne het gekom en daarin gaan bly.

8. Dit het gebeur in die oggend, toe die F’lishtyne kom om die dooies te plunder, dat hulle Sha’ul en sy seuns dood op die gebergte van Gilboa kry.

9. Hulle het hul koppe afgekap, hulle wapenrusting uitgetrek en hulle na die land van die F’lishtyne gestuur, deur al die dorpe, stede en provinsies, om die goeie nuus oor te dra aan hulle afgode en mense.

10. Hulle het hul wapens en klere in die huis van hulle afgod neergesit en hulle liggame by die muur van Beit-Yashan opgehang.

11. Toe die inwoners van Yavesh in Gil’ad alles hoor wat die F’lishtyne aan Sha’ul gedoen het,

12. het al die dapper manne opgestaan en heel nag gegaan en die liggame van Sha’ul en die liggame van sy seuns van die muur van Beit-Yashan afgehaal en dit na Yavesh gebring en dit daar verbrand; hulle het hul gebeentes begrawe onder die eikeboom in Yavesh en sewe dae lank gevas.

13. Sha’ul het gesterf as gevolg van die oortreding wat hy teen יהוה begaan het en as gevolg van die opdrag van יהוה, wat hy nie gehou het nie

14. en ook omdat hy mense met bekende geeste geraadpleeg het en nie יהוה, sy God, geraadpleeg het nie; daarom is sy koninkryk aan Dawid, die seun van Yishai, gegee.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 10