Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 9:4-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Wat jou betref, as jy voor My loop soos jou vader Dawid geloop het, met integriteit van verstand, wil en emosie en in opregtheid, deur te doen alles wat Ek jou beveel het en My wette en instellings onderhou,

5. dan sal Ek die troon van jou koningskap oor Yisra’el vir ewig vasstel, net soos Ek aan jou vader Dawid beloof het deur te sê: ‘Daar sal vir jou nooit ’n man ontbreek op die troon van Yisra’el nie,’Yeg 20:38

6. maar as jy of jou seuns wegdraai daarvan om My te volg en nie My opdragte en My wette na kom wat Ek aan jou voorgehou het nie en gaan en ander gode dien en hulle aanbid,

7. dan sal Ek Yisra’el van die land afsny wat Ek vir hulle gegee het en die huis wat Ek vir My Naam (Karakter en Outoriteit) afgesonder het, sal Ek uit My sig uit wegwerp. So sal Yisra’el ’n spreekwoord en ’n bywoord word onder al die volke.

8. Hierdie huis sal ’n hoop rommel word; elkeen wat verbygaan sal verbaas wees, spot en vra: ‘Waarom het יהוה so gedoen aan hierdie land en aan hierdie huis?’

9. Hulle sal sê: ‘Omdat hulle יהוה, hul God, verlaat het, wat hulle vaders uit de land van Mitzrayim uitgebring het en ander gode aangeneem, aanbid en gedien het; daarom het יהוה al hierdie onheil oor hulle gebring.’”

10. Dit het gebeur aan die einde van die twintig jaar waarin Shlomo die twee huise, die huis van יהוה en die huis van die koning, gebou het

11. (Hiram, die koning van Tzor, het Shlomo voorsien van seder- en sipreshout en goud soveel as hy begeer het) dat koning Shlomo aan Hiram twintig stede in die land van die Galil gegee het.

12. Hiram het uit Tzor gekom om die stede te sien wat Shlomo vir hom gegee het en hulle het hom nie tevrede gestel nie.

13. Hy het gesê: “Wat is hierdie stede wat jy vir my gegee het, my broer?” Hulle is die land van Kavul genoem, tot vandag toe.

14. Hiram het een honderd en twintig talente goud aan die koning gestuur.

15. Hierdie is die verslag oor die dwangarbeid wat koning Shlomo opgekommandeer het om die huis van יהוה, sy huis, Millo, die muur van Yerushalayim, Hatzor, Megiddo en Gezer te bou.

16. Farao, koning van Mitzrayim, het opgegaan en Gezer oorgeneem en dit met vuur verbrand en die Kena’aniete wat in die stad gebly het, doodgemaak en dit as ’n trougeskenk aan sy dogter, die vrou van Shlomo, gegee.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 9