Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 21:13-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Toe kom die twee deugniete in en gaan sit teenoor hom en die deugniete het teen hom, teen Navot, voor die mense getuig en gesê: “Navot het God en die koning gevloek.” Toe lei hulle hom buitekant die stad en stenig hom, tot die dood, met klippe.

14. Toe stuur hulle woord na Izevel en sê: “Navot is gestenig en is dood.”

15. Toe Izevel hoor dat Navot gestenig en dood is, sê Izevel vir Ag’av: “Staan op, neem die wingerd van Navot, die Yizre’eliet, in besit wat hy geweier het om vir jou te gee vir geld, want Navot leef nie, maar is dood.”

16. Toe Ag’av hoor dat Navot dood is, het Ag’av opgestaan om af te gaan na die wingerd van Navot, die Yizre’eliet, om dit in besit te neem.

17. Toe het die woord van יהוה tot Eliyahu, die Tishbiet, gekom en gesê:

18. “Staan op, gaan af om Ag’av, koning van Yisra’el, te ontmoet wat in Shomron is; let op, hy is in die wingerd van Navot, waarheen hy afgegaan het om dit in besit te neem.

19. Jy moet met hom praat en sê: ‘So sê יהוה: Het jy moord gepleeg en ook in besit geneem?’ Jy moet met hom praat en sê: ‘So sê יהוה: Op die plek waar die honde die bloed van Navot gelek het, sal die honde ook jou eie bloed oplek.’”

20. Ag’av sê vir Eliyahu: “Het jy my gekry, my vyand?” Hy antwoord: “Ek het u gekry omdat u uself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van יהוה!

21. Let op, Ek gaan boosheid oor jou bring en jou heeltemal wegvee en Ek sal van Ag’av afsny al wat manlik is in Yisra’el, slaaf of vryman

22. en Ek sal jou huis maak soos die huis van Yarov’am, die seun van N’vat en soos die huis van Ba’sha, die seun van Agiyah; as gevolg van die uittarting waarmee jy My uitgetart het tot woede en Yisra’el laat sondig het.”

23. Van Izevel het יהוה ook gepraat en gesê: “Die honde sal Izevel eet in die distrik van Yisre’el.”

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 21