Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 2:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe die dae van Dawid naderkom dat hy sou sterf, het hy sy seun Shlomo beveel en gesê:

2. “Ek gaan op die pad van die hele aarde. Wees daarom onveranderlik sterk en wys jouself ’n man.

3. Onderhou die opdragte van יהוה, jou God, deur te loop op Sy paaie, deur Sy wette, Sy opdragte, Sy instellings en Sy getuienisse te gehoorsaam, volgens wat geskryf is in die wet van Moshe sodat jy suksesvol kan wees in alles wat jy doen en waarheen jy ook al draai

4. sodat יהוה Sy beloftes kan uitvoer wat Hy aangaande my gesê het, naamlik: ‘As jou seuns versigtig is op hulle pad deur voor My in waarheid te loop met hulle hele gees en met hulle hele verstand, wil en emosie, sal daar nie vir jou ’n man op die troon van Yisra’el ontbreek nie.’

5. Jy weet ook wat Yo’av, die seun van Tz’ruyah, aan my gedoen het; wat hy aan die twee bevelvoerders van die leër van Yisra’el, Avner, die seun van Ner en `Amasa, die seun van Yeter, gedoen het; wat hy vermoor het en ook oorlogsbloed in vredestyd vergiet het en hy het die oorlogsbloed op sy gordel om sy heupe en op die sandale aan sy voete gesit.

6. Tree op volgens jou wysheid en moenie sy grys hare in vrede in Sh’ol laat afgaan nie,

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 2