Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 1:7-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy het met Yo’av, die seun van Tz’ruyah, beraadslag, asook met Evyatar, die priester en deur hom te volg het hulle Adoniyah gehelp.

8. Tzadok, die priester, B’nayah, die seun van Y’hoyada, Natan, die profeet, Shim’i, Re’i en die magtige manne van Dawid was nie by Adoniyah nie.

9. Adoniyah het kleinvee, beeste en vetgemaakte vee geslag by die klip van Zogelet wat langs `Ein-Rogel staan en al sy broers, die seuns van die koning en al die manne van Y’hudah, die diensknegte van die koning, genooi,

10. maar vir Natan, die profeet, B’nayah, die magtige manne en vir sy broer Shlomo, het hy nie genooi nie.

11. Toe praat Natan met Bat-Sh’va, die moeder van Shlomo en sê: “Het u nie gehoor dat Adoniyah, die seun van Haggit, koning geword het en dat ons meester Dawid dit nie weet nie?

12. Kom dan nou, laat ek u asseblief raad gee dat u u lewe en die lewe van u seun Shlomo kan red.

13. Gaan dadelik na koning Dawid en sê vir hom: “Het ú nie, my meester die koning, vir u dienares gesweer en gesê: ‘Jou seun Shlomo sal sekerlik koning wees ná my en hy sal op my troon sit,’ nie? Waarom het Adoniyah dan koning geword?

14. Let op, terwyl u nog daar is en met die koning praat, sal ék agter u inkom en u woorde bevestig.”

15. Bat-Sh’va het ingegaan by die koning in die slaapkamer. Nou, die koning was baie oud en Avishag, die Shunamiet, het die koning bedien.

16. Toe het Bat-Sh’va gebuig en op die grond gaan lê voor die koning. Die koning het gesê: “Wat wil jy hê?”

17. Sy antwoord hom: “My meester, ú het by יהוה u God vir u dienares gesweer en gesê: ‘U seun Shlomo sal sekerlik ná my koning wees en hy sal op my troon sit.’

18. Nou, let op, Adoniyah is koning en nou, my meester die koning, u het dit nie geweet nie.

19. Hy het beeste, vetgemaakte vee en kleinvee in oorvloed geoffer en al die seuns van die koning, Evyatar, die priester en Yo’av, die bevelvoerder van die leër, genooi, maar hy het nie vir Shlomo, u dienskneg, genooi nie.

20. Wat ú betref, my meester, die koning, die oë van die hele Yisra’el is op u om vir hulle te vertel wie op die troon van my meester, die koning, ná hom sal sit.

21. Anders sal dit gebeur, sodra my meester die koning by sy vaders neergelê word dat ek en my seun Shlomo as oortreders beskou sal word.”

22. Let op, terwyl sy nog met die koning praat, kom Natan, die profeet, in.

23. Hulle het dit vir die koning vertel en gesê: “Natan, die profeet, is hier.” Toe hy voor die koning kom, het hy voor die koning met sy gesig op die grond gaan lê.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 1