Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 4:17-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Net soos geskrywe is: “Ek het jou as ’n vader van baie nasies aangestel.”Gen 15:5

18. Hy het verby enige hoop vertrou dat hy vader sou word van baie nasies volgens wat gesê is: “Soveel sal jou nageslag wees.”

19. Al was hy omtrent honderd jaar oud, het sy vertroue nie verswak, toe hy na sy eie liggaam, wat alreeds dood was en na die dooie toestand van die baarmoeder van Sarah, gekyk het nie.

20. Hy het nie asof vanuit ’n gebrek aan vertroue aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk in vertroue en het aan God die lofprysing gegee

21. en bevestig dat God die vermoë het om te doen wat Hy hom beloof het.Gen 15:6

22. As gevolg hiervan is dit vir hom bereken tot onpartydige opregtheid,

23. maar dit is nie alleen om sy ontwil geskrywe dat sy vertroue vir hom bereken is tot onpartydige opregtheid nie,

24. maar ook om ons ontwil vir wie dit bereken sal word; vir hulle wat vertrou in Hom wat ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, uit die dood uit opgewek het;

25. Hy wat oorgelewer is ter wille van ons sondes en opgestaan het om ons onskuldig te verklaar.

Lees volledige hoofstuk Romeine 4