Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 18:17-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. want in een uur is die rykdom verlore!’ Elke navigator, skeepskaptein, mense op die skepe en wie ook al op die see werk, het ver weg gaan staan

18. en oor haar gerou toe hulle die rook van haar verbranding sien en gesê: ‘Wie is soos die groot stad?’

19. Hulle het stof op hulle koppe gegooi en geskree terwyl hulle gehuil, getreur en gesê het: ‘Helaas, helaas, die groot stad, waardeur dié wat skepe op die see het, ryk geword het, deur haar grootsheid wat in een uur verwoes is!”

20. Verheug jou oor haar, hemel, afgesonderdes, uitgestuurdes en profete, want God het haar oordeel oor julle veroordeel!

21. Een van die magtige engele het ’n groot klip, soos ’n groot meulsteen, gevat en dit in die see gegooi en gesê: ‘Met sulke geweld sal Bavel, die groot stad, neergegooi word en nooit weer bestaan nie

22. en die klank van snaarinstrumente, ramshorings, verskillende sangers en gejubel sal nooit weer in jou gehoor word nie.

23. Die lig van ’n lamp sal nooit weer in jou skyn nie en die stem van bruidegom en bruid sal nooit weer in jou gehoor word nie, want jou besigheidsmanne was die grootstes van die aarde omdat deur jou towery al die nasies mislei is.’

24. Die bloed van profete en afgesonderdes, wat op die aarde doodgemaak is, is in haar gekry.”

Lees volledige hoofstuk Openbaring 18