hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ná hierdie dinge het ek ’n ander engel vanaf die hemel gesien, met groot outoriteit en die aarde is verlig deur sy lof en eerYes 21:9 en dit het ’n blyplek van demone en ’n gevangenis van elke onrein en verwerplike gees geword,

2. en hy het met ’n kragtige stem uitgeroep en gesê: “Sy het geval, sy het geval, Bavel, die grote

3. want sy het van die wyn van haar seksuele immoraliteit gemeng vir al die nasies en die konings van die aarde was seksueel immoreel met haar en die handelaars van die aarde het ryk geword deur die krag van haar verblinding.”

4. Ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê: “Gaan uit haar uit, My volk sodat julle nie deel kry aan haar sondes en nie van haar plae ontvang nie,

5. want die sondes in haar het opgestapel tot by die hemel en God het haar boosheid in herinnering geroep.

6. Betaal haar terug, soos wat sy ander terugbetaal het en verdubbel dit vir haar volgens haar dade. Skink vir haar dubbel, in die beker waarin sy geskink het.

7. Soveel as wat sy haarself vereer, loof en aanbid en haarself ophef, na dié mate moet julle haar lyding en smart aandoen omdat sy in haar gedagtes sê: ‘Ek sit as koningin en is nie ’n weduwee nie en ek sal nooit smart sien nie.’

8. Hiervoor sal daar op een dag plae oor haar kom: dood, smart, hongersnood en in vuur sal sy brand, as gevolg van Kragtige יהוה, wat haar oordeel.

9. Die konings van die aarde wat saam met haar seksueel immoreel was en hulleself opgehef het, sal oor haar huil en treur wanneer hulle die rook sien as sy verbrand,

10. terwyl hulle ver weg staan, uit vrees vir haar straf en sê: ‘Wee, wee, wee, die groot stad Bavel, die magtige stad, want in een uur het jou oordeel gekom!’

11. Die handelaars van die aarde sal huil en treur oor haar en niemand sal meer hulle artikels koop nie;

12. artikels van goud, silwer, edelgesteentes, pêrels, fyn linne, purper, sy, skarlaken, alle welriekende hout, alle voorwerpe van ivoor, voorwerpe van die kosbaarste hout, van koper, yster en marmer;

13. kaneel, speserye, salwe, wierook, wyn, olyfolie, fyn meel, graan, vee, skape, perde, waens en die liggame en gees van die mens.

14. Jou eie aangename vrugte het van jou af weggegaan en al die luukse en die skitterende dinge is weg van jou en jy sal dit nooit weer sien nie.

15. Die handelaars in hierdie dinge, wat deur haar ryk geword het, sal nie gevind word nie en ver weg staan, uit vrees vir haar straf, terwyl hulle huil en treur

16. en hulle het gesê: ‘Helaas, helaas, die groot stad wat aangetrek was in fyn linne, purper en skarlaken en versier is met goud, edelgesteentes en pêrels,

17. want in een uur is die rykdom verlore!’ Elke navigator, skeepskaptein, mense op die skepe en wie ook al op die see werk, het ver weg gaan staan

18. en oor haar gerou toe hulle die rook van haar verbranding sien en gesê: ‘Wie is soos die groot stad?’

19. Hulle het stof op hulle koppe gegooi en geskree terwyl hulle gehuil, getreur en gesê het: ‘Helaas, helaas, die groot stad, waardeur dié wat skepe op die see het, ryk geword het, deur haar grootsheid wat in een uur verwoes is!”

20. Verheug jou oor haar, hemel, afgesonderdes, uitgestuurdes en profete, want God het haar oordeel oor julle veroordeel!

21. Een van die magtige engele het ’n groot klip, soos ’n groot meulsteen, gevat en dit in die see gegooi en gesê: ‘Met sulke geweld sal Bavel, die groot stad, neergegooi word en nooit weer bestaan nie

22. en die klank van snaarinstrumente, ramshorings, verskillende sangers en gejubel sal nooit weer in jou gehoor word nie.

23. Die lig van ’n lamp sal nooit weer in jou skyn nie en die stem van bruidegom en bruid sal nooit weer in jou gehoor word nie, want jou besigheidsmanne was die grootstes van die aarde omdat deur jou towery al die nasies mislei is.’

24. Die bloed van profete en afgesonderdes, wat op die aarde doodgemaak is, is in haar gekry.”