Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 14:10-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. sal self ook drink van die wyn van die passie van יהוה, wat onverdund ingeskink is in die beker van Sy woede en hy sal gepynig word met vuur en swael

11. Die rook van hulle pyniging gaan op tot in tydlose ewigheid en hulle wat die dier en sy beeld aanbid en elkeen wat die merk van sy karakter en outoriteit aanvaar, het dag en nag geen rus nie.Deut 7:9; Yog 14:15; Yog 15:14; Open 22:14

12. Hier is die volharding van die afgesonderdes: hulle wat die opdragte van God uitvoer en getrou bly aan Yeshua.

13. Ek het ’n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf: geseënd is die dooies, wat van nou af in ons Meester doodgaan, ja, sê die Gees, want hulle rus van hul dade.”

14. Let op, daar was ’n wit wolk en op die wolk sit een wat lyk soos ’n man, met ’n goue kroon op sy kop en in sy hand ’n skerp sekel.Yo’el 3:9-13; Yes 63:1-6; Yir 25:15, 28-30 ’n Ander engel het uit die tempel uitgekom en met ’n groot stem geroep na hom wat op die wolk sit: “Stuur jou sekel en maai, want die tyd het gekom om te oes.”

15. (vs. 15-20)

16. Hy wat op die wolk sit, het sy sekel op die aarde ingesteek en die aarde is afgeoes.

17. ’n Ander engel het uit die tempel, wat in die hemel is, uitgegaan en hy het ’n skerp sekel gehad.

18. ’n Ander engel wat outoriteit oor vuur gehad het, het vanuit die altaar uitgegaan en met ’n harde stem geroep na hom wat die skerp sekel het en gesê: “Stuur jou skerp sekel uit en maak die trosse van die wingerdstok van die aarde bymekaar, want sy druiwe is groot.”

19. Die engel het sy sekel op die aarde ingesteek en die wingerdstokke van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die wraak van God

Lees volledige hoofstuk Openbaring 14