Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 6:5-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die toneelspelers van ’n vals karakter wat hou daarvan om in die bymekaarkomplekke en op die hoeke van die strate te staan en bid om deur die mense gesien te word nie. Dit is waar as Ek vir julle sê dat hulle hul beloning reeds ontvang het,

6. maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou private kamer, sluit jou deur en bid in die geheim tot jou Vader en jou Vader wat sien wat in die geheim gedoen word, sal jou in die openbaar beloon.

7. Wanneer julle bid, gebruik nie mooi klinkende herhaling van woorde soos die heidene, wat dink dat God hulle beter sal hoor as hulle baie woorde gebruik, nie.

8. Moet dan nie wees soos hulle nie, want julle Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.

9. Julle moet dan so bid: ‘Ons Vader wat in die hemel is, U Karakter en Outoriteit (Naam) is afgesonderd;

10. laat U Koninkryk kom, laat U wil gedoen word, op die aarde soos in die hemel.

11. Gee ons die brood wat ons vandag nodig het.

12. Vergewe wat ons verkeerd gedoen het, soos ons ook hulle wat teenoor ons verkeerd gedoen het, vergewe

13. en bring ons nie in toetsing nie, maar bevry ons van boosheid, want aan U behoort die Koningskap, die wonderwerkende krag, die eer, lof en aanbidding tot in ewigheid,’

14. want as julle ander hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe,

15. maar as julle ander se oortredinge nie vergewe nie, het julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

16. Wanneer julle vas, moenie treurig lyk soos die toneelspelers van ’n vals karakter nie, want hulle misvorm hul gesigte sodat mense kan sien dat hulle vas. Dit is waar wat Ek vir julle sê, hulle het reeds hul beloning ontvang,

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 6