Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 6:19-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Moenie vir julle skatte opgaar hier op die aarde, waar motte en roes vernietig en waar diewe inbreek en steel nie,

20. maar stoor vir julleself skatte in die hemel, waar mot of roes nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie,

21. want waar julle rykdom is, daar sal julle gedagtes, wil en emosie ook wees.

22. Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan goed is (vrygewig), sal jou hele liggaam goed verlig wees,

23. maar as jou oog boos is (suinig), sal jou hele liggaam vol donkerte wees. As die lig in jou dan duisternis is, hoe groot is die donkerte nie!

24. Geen man kan vir twee meesters werk nie, want hy sal òf die een haat en van die ander een hou, òf hy sal getrou wees aan die eerste een en die ander een verwaarloos. Dit is nie moontlik om vir God én vir Mammon te werk nie!

25. Ek sê daarom vir julle: ‘Moenie bekommerd wees oor julleself, wat julle sal eet of drink nie, of oor julle liggaam, wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as kos en die liggaam meer as klere nie?’

26. Kyk na die voëls in die lug! Hulle saai nie en hulle maai ook nie en hulle stoor nie kos in skure nie en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

27. Wie van julle kan deur bekommerd te wees, een el by sy lengte byvoeg?

28. Waarom bekommerd wees oor klere? Dink ernstig aan die lelies van die veld en hoe hulle groei, sonder om hard te werk of te spin

29. en tog sê Ek vir julle dat selfs nie eens Shlomo, in al sy eer en lof soos een van hulle aangetrek was nie.Ps 103:15,16 sal Hy julle dan nie soveel meer aantrek nie? Hoe min vertroue het julle nie!

30. As dit dan is hoe God die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ’n oond gegooi word, aantrek,

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 6