Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 6:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Gee aandag daaraan om nie jul liefdadigheid voor mense te bewys om deur hulle gesien te word nie, anders is daar geen beloning vir julle by jul Vader in die hemel nie.

2. Wanneer jy daarom liefdadigheid bewys, moenie ’n ramshoring blaas om dit aan te kondig soos die toneelspelers van ’n vals karakter in die bymekaarkomplekke en op die strate doen sodat hulle mense se lof kan ontvang nie. Dit is waar wat Ek vir julle sê, hulle het hulle beloning reeds ontvang,

3. maar jy, as jy liefdadigheid gee, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie

4. sodat jou liefdadigheid geheim sal wees en jou Vader wat sien wat jy in die geheim doen, sal jou in die openbaar beloon.

5. Wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die toneelspelers van ’n vals karakter wat hou daarvan om in die bymekaarkomplekke en op die hoeke van die strate te staan en bid om deur die mense gesien te word nie. Dit is waar as Ek vir julle sê dat hulle hul beloning reeds ontvang het,

6. maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou private kamer, sluit jou deur en bid in die geheim tot jou Vader en jou Vader wat sien wat in die geheim gedoen word, sal jou in die openbaar beloon.

7. Wanneer julle bid, gebruik nie mooi klinkende herhaling van woorde soos die heidene, wat dink dat God hulle beter sal hoor as hulle baie woorde gebruik, nie.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 6