Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 4:9-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. en sê vir Hom: “Al hierdie dinge sal ek aan U gee, as U sal neerval en my aanbid.”Deut 6:13; Deut 10:20; Luk 4:8

10. Toe sê Yeshua vir hom: “Gaan weg, jou teëstander, want daar is geskrywe: ‘Aanbid יהוה, jou God en dien Hom alleen’.”

11. Daarna het die teëstander Hom alleen gelaat en let op, engele het nadergekom en Hom bedien.

12. Toe Yeshua gehoor het dat Yoganan gearresteer is, het Hy na die Galil gegaan

13. en Hy het Natzeret verlaat en gaan bly in K’far-Nagum aan die see, naby die grens tussen Z’vulun en Naftali

14. sodat vervul sou word wat Yesha’yahu, die profeet, gesê het:

15. “Die land Z’vulun en die land Naftali, in die rigting van die see, oorkant die Yarden, Galil van die ander nasies,Yes 9:1-2 oor hulle wat in die omgewing van die skadu van die dood leef, vir hulle het ’n Lig opgegaan.”

16. die volk wat in duisternis leef, het ’n groot Lig gesien;

17. Van daardie tyd af aan het Yeshua begin om te verklaar: “Draai weg van julle sondes af na God toe, want die Koninkryk van die hemele is naby!”

18. Terwyl Yeshua langs die see van Galila loop, sien Hy twee broers wat vissermanne was, Shim’on wat genoem is, Kefa en Andreas, sy broer, besig om ’n net in die see uit te gooi.

19. Yeshua sê vir hulle: “Kom, volg My en Ek sal julle vissers van mense maak.”

20. Hulle het dadelik hulle nette laat staan en agter Hom aangegaan.

21. Toe Hy daarvandaan verder gaan, het Hy twee ander broers gesien, Ya’akov, die seun van Zavdai en Yoganan, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Zavdai, besig om hulle nette reg te maak en Hy het hulle geroep.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 4