Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 2:12-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Hulle is in ’n droom gewaarsku om nie na Herodes terug te gaan nie en hulle het met ’n ander pad na hulle land toe teruggegaan.

13. Nadat hulle weg is, verskyn daar ’n boodskapper van יהוה in ’n droom aan Yosef en sê: “Staan op, neem die kind en sy moeder en vlug na Mitzrayim en bly daar totdat ek vir jou sal sê, want Herodes gaan die kind soek om Hom te vernietig.”

14. Hy het opgestaan, die kind en sy moeder in die nag geneem en na Mitzrayim gevlug,Hos 11:1 “Uit Mitzrayim het Ek My Seun geroep.”

15. waar hy gebly het tot Herodes se dood. Dit het gebeur dat die woord vervul sou word wat יהוה deur die profete gegee het:

16. Toe Herodes agterkom dat hy deur die geleerde manne mislei is, was hy woedend en het opdrag gegee dat al die seuns van twee jaar en jonger, in Beit-Legem en in al die omstreke daarvan, doodgemaak moet word, ooreenkomstig die tyd wat hy van die geleerde manne uitgevind het.Yir 31:15 gesê is, vervul:

17. Op hierdie manier is die woorde wat deur die profeet Yirmeyahu

18. “’n Stem is in Ramah gehoor: geklaag en bitter gehuil; dit was Ragel wat oor haar kinders huil en weier om vertroos te word omdat hulle nie meer leef nie.”

19. Toe Herodes dood is, het daar ’n boodskapper van יהוה in ’n droom aan Yosef in Mitzrayim verskyn

20. en gesê: “Staan op, neem die Seun en Sy moeder en gaan na die land van Yisra’el, want hulle wat die lewe van die Seun gesoek het, is dood.”

21. Yosef het opgestaan, die Seun en Sy moeder gevat en na die land van Yisra’el gegaan.

22. Toe hy egter hoor dat Argelaus sy vader Herodes opgevolg het as koning oor Y’hudah, was hy bang om daarheen te gaan. Dit het in ’n droom na hom gekom om na die streek van die Galil te gaanYes 11:1 gesê is: dat Hy Natzeréner genoem sou word.

23. en hy het gaan woon in ’n stad met die naam van Natzeret sodat vervul sou word wat deur die profeet

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 2