Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 17:17-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Hy het elke dag in die bymekaarkomplek met die Jode en met die godsdienstige mense gepraat en op die mark met dié wat hom ontmoet.

18. Sommige van die volgelinge van Epikourios en die Stoikos filosowe, het met hom gedebatteer. Sommige het gesê: “Wat probeer hierdie storiemaker tog sê?” Ander weer: “Dit lyk of hy ’n verkondiger is van vreemde gode” omdat hy aan hulle die goeie boodskap van Yeshua en Sy opstanding verkondig het.

19. Hulle het hom gevat na die plek van oordeel, wat genoem word: Arios-Pagos (Rots van Ares - Marsheuwel) en gesê: “Ons wil weet wat hierdie nuwe leer is wat deur u verkondig word?

20. Jy het vreemde woorde in ons gehoor gesaai en ons wil weet wat hierdie dinge is.”

21. Al die Atheners en die vreemdelinge wat by hulle gewoon het, het al hulle vrye tyd gebruik om te praat of te luister na iets nuuts.

22. Sha’ul het opgestaan op die Rots van Ares en gesê: “Manne van Athenai, ek sien dat julle in elke opsig uitblink in die aanbidding van demone.

23. Terwyl ek geloop het en die plekke van julle aanbidding gesien het, het ek ook ’n altaar gevind waarop geskrywe is: ‘Aan ’n onbekende god’. Hom wat julle dan aanbid en nie ken nie; Hom verkondig ek aan julle.

24. Die God wat die heelal gemaak het en alles wat daarin is, Hy is Meester van die hemele en van die aarde; Hy woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie;

25. ook word Hy nie deur mensehande gedien en het Hy niks nodig nie omdat Hy self aan almal gees en lewe gee.

26. Hy het uit een bloed die hele mensdom op die aarde gemaak, om oor die hele aarde te bly terwyl Hy vooraf bepaalde tye in Sy opdragte uitgestip en grense vir hulle blyplek vasgestel hetRom 1:20

27. sodat hulle God kon soek en navraag doen en Hom deur Sy skepping kon vind, want Hy is nie ver van elkeen van ons af nie,

28. want deur Hom het ons lewe, beweeg ons en bestaan ons, soos sommige van julle wyses ook gesê het: ‘Ons is van Sy nageslag.’

29. As ons dan die nageslag van God is, kan ons mos nie dink dat God aan goud, silwer en steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie.

30. God het die tye van misleiding verban en beveel alle mense nou dat elkeen op elke plek moet erken en bely en wegdraai van die sonde na God toe

31. omdat Hy ’n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in onpartydige opregtheid sal oordeel deur die Man wat Hy aangestel het en Hy het Sy vertrouenswaardigheid aan almal bewys, deur Hom uit die dood uit te laat opstaan.”

32. Toe hulle van die opstanding uit die dood hoor, het sommige begin spot en ander het gesê: “Ons sal u op ’n ander tyd daaroor hoor.”

33. So het Sha’ul van hulle af weggegaan,

34. maar sommige manne het by hom aangesluit en vertrou, onder wie ook Dionusios, die Aresraadslid, ’n vrou met die naam van Damaris en ander saam met hulle.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 17