Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 8:12-20 Die Boodskap (DB)

12. Dit sal van nou af goed met hulle gaan. Daar sal vrede wees. Die wingerde sal druiwe dra. Verder sal die mense goeie oeste van die lande af inbring. Die hemel sal sorg vir die dou op die aarde. Ek sal dit alles doen vir hierdie klompie mense van Juda wat oorgebly het.

13. As mense van ander volke mekaar sleg wou sê, het hulle altyd Juda en Israel as voorbeelde gebruik. Hulle het iets gesê soos: ‘Mag die slegte goed wat Juda en Israel oorgekom het, ook met julle gebeur.’ Maar dit gaan nou end kry! Ek sal julle red. Van nou af sal hulle aan julle dink as mense met wie dit baie goed gaan. Moet daarom nie bang wees nie, maar wys dat julle moed het en pak die bouwerk van die tempel aan!”

14. Die Here wat sterker as alles en almal is, sê: “Julle voorouers het My baie kwaad gemaak. Ek het toe belowe dat Ek hulle gaan straf. Ek het woord gehou en Ek het hulle toe gestraf.

15. Julle kan dus vir seker weet dat Ek nou ook my woord oor Jerusalem en Juda sal hou. Ek sal sorg dat dit goed gaan met Jerusalem en die mense van Juda. Julle het niks om voor bang te wees nie.

16. Ek verwag van julle om die waarheid met mekaar te praat. As daar hofsake is, moet die uitsprake regverdig wees. Julle moet in vrede met mekaar saamleef.

17. Moenie in die geheim slegte planne maak om mekaar kwaad aan te doen nie. Moet ook nie vals sweer nie. Ek haat dit as julle hierdie dinge doen,” sê die Here.

18. Die Here het my ook gebruik om te sê:

19. “Daar was tye dat julle gewoond was om sonder kos te bly en gehuil het oor wat met Jerusalem en sy mense gebeur het. Julle het dit gewoonlik gedoen in die vierde, vyfde, sewende en tiende maand. Dit gaan nou end kry. Hierdie tye gaan nou geleenthede wees om fees te vier. Julle gaan lag en bly wees. Daarom moet julle die waarheid praat en uitleef. Sorg ook dat julle in vrede met mekaar leef.”

20. Die Here sê ook: “Mense van ander volke en ’n klomp stede sal na Jerusalem toe kom.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 8