Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 3:5-10 Die Boodskap (DB)

5. Toe het ek gesê: “Bind asseblief ook vir hom ’n skoon tulband om sy kop!” Hulle het toe ’n skoon tulband om sy kop gebind. Verder het hulle ook vir hom nuwe klere aangetrek terwyl die engel van die Here staan en kyk het.

6. Daarna het die engel van die Here ernstig met Jesua gepraat en gesê:

7. “Die Here wat oor alles en almal regeer, sê: As jy lewe soos Ek wil hê jy moet en presies doen wat Ek vra, sal jy die baas van die tempel in Jerusalem wees. Jy mag dan ook enige tyd in die deel van die tempel kom waar Ek is.

8. “Hoor hier, Jesua, jy wat die hoëpriester is, en ook al die ander priesters wat by jou is, moet besef: mense sal na julle as leiers kyk en moed skep vir die toekoms. Binnekort gaan Ek iemand laat kom wat vir My sal werk. Hy is soos ’n jong tak van ’n boom; die toekomstige koning van Juda wat uit koning Dawid se familie kom.

9. Ek sit ook ’n klip voor jou neer, Jesua. Hierdie klip sal sewe kante hê net soos ’n diamant wat so geslyp is. Ek gaan die volgende woorde op die klip uitkrap, sê die Here: ‘Op een enkele dag sal Ek al die verkeerde dinge wegvee wat die mense van Israel gedoen het.’

10. Wanneer dit gebeur, sê die Here, sal almal rus en vrede hê. Hulle sal in vrede saam met hulle bure kuier.”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 3