Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 27:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Die Here help my deur my donkerste krisis.Sy hulp is soos ’n lig wat ’n mens in ’n pikdonker kamer aanskakel. Hy red my.Omdat Hy my help, is daar niks waarvoor ek bang is nie.Die Here beskerm my. Waarvoor sal ek dan bang wees?

2. As slegte mense my kwaad wil aandoen, ja, as mense wat niks van my hou nie, my wil seermaak, sal hulle sleg daarvan afkom.Hulle sal self tot ’n val kom.

3. Al staan ek alleen teen ’n hele leër soldate, sal ek geen bang haar op my kop hê nie.Ook al trek ’n hele weermag teen my op en val my aan, sal ek steeds op die Here vertrou.

4. Daar is een groot wens in my hart en dit wil ek met my hele lewe najaag: dat ek my hele lewe lank by die Here mag wees.Sy wonderlike nabyheid wil ek dag en nag beleef. Ek wil ervaar hoe goed Hy vir my is.Ek wil weer en weer daaroor nadink wanneer ek Hom aanbid.

5. Die Here beskerm my die dag as slegte dinge op my afkom; Hy bewaar my teen gevaar;Hy help my uit die moeilikheid. Hy laat my by Hom wegkruip.Nou kan ek weer my kop optel.Die Here maak my ’n wenner.

6. Daarom wil ek Hom aanbid en vir Hom dankie sê deur liedere te sing saam metverskillende musiekinstrumente.Ek sal liedere sing om die Here te eer. Ek sal vir Hom offers bring.Mense wat niks van my hou nie, sal kyk hoe ek my kop optel en die Here prys.

7. Here, ek bid ernstig tot U. Ek roep na U.Wees goed vir my. Help my. Hoor my gebed en antwoord my.

8. Ek sê elke dag vir myself: Jy moet die Here dien. Soek na sy teenwoordigheid. Daarom aanbid ek U, Here.

9. Moet tog nie maak of U my nie hoor nie.Moenie my wegjaag omdat U vir my kwaad is nie.U het my in die verlede gehelp.Stoot my nie weg van U af nie. Los my nie alleen nie. U is die God wat my red.

Lees volledige hoofstuk Psalms 27